Mariental is een van die groter dorpe van Namibië met 'n bevolking van 12 478 in 2011. Dit is saam met Rehoboth die vernaamste dorp in die streek Hardap. Dit is geleë aan die B1-hoofweg tussen Kaapstad en Windhoek.
duimnael|links|'n Lugbeeld van Mariental Geskiedenis 'n Duitse boer, Hermann Brandt, het 'n plaas in die area by die Nama-kaptein Hendrik Witbooi gekoop. Hy het die dorp na sy vrou, Anna Marie Mahler, vernoem.
Die dorp het in 1946 munisipale status verwerf en is die hoofdorp van die distrik Gibeon, 'n belangrike karakoelgebied. Die Hardap-besproeiingskema sowat 20 km noord van die dorp het gelei tot die bou van die Hardapdam, wat by sy voltooiing in 1963 die derde grootste dam in die destydse Unie van Suid-Afrika was.
Sien ook Gibeon NG gemeente Mariental Gereformeerde kerk Mariental Lys van nedersettings in Namibië
Verwysings
Bron World Gazetteer
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Namibië