Atlantiese kabeljou (Gadus morhua) is gewoonlik grys-groen, maar kan ook rooi-bruin wees afhangende van die vis se habitat. Die vis se gemiddelde massa is 4,5—11,3 kg, maar voorbeelde van tot 90 kg is al waargeneem. Kabeljou vreet weekdiere, krappe, garnale en ander skaaldiere, stervisse, wurms, pylinkvis, en kleiner visse. Sommige migreer in die winter suid om te broei. 'n Groot wyfievis lê tussen twee en elf miljoen eiers in die middel van die see — waarvan slegs 'n klein hoeveelheid oorleef.

Tot in 1992 is hierdie vis naby die Grand Banks, oos van Kanada, in groot getalle gevang, maar toe het die populasie ingestort. Dit het gelei tot 'n verbod op visvang in hierdie gebied wat egter selfs na 15 jaar nog nie herstel het na die oorspronklike getalle nie.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Europese kabeljou

Eksterne skakel Gadus morhua by Fishbase.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse Kategorie:Dierelewe van Europa Kategorie:Dierelewe van Groenland Kategorie:Dierelewe van die Arktiese gebied Kategorie:Gadidae