Die Grumman F-11 Tiger is 'n Amerikaanse vegvliegtuig wat die deur die Amerikaanse Vloot gebruik is. Terwyl die Grumman F-9 Cougar nog net sy eerste vlug voltooi het, was die Grumman ontwerpers reeds besig met 'n opvolger vir Cougar/Panther familie. Die Tiger is 'n nuwe ontwerp, die fokus is op optimale verrigting tydens luggevegte. Die gevolg was een van die kleinste en ligste vliegtuie ooit as 'n dagvegter. Een voordeel was dat die vlerke kleiner is en slegs die vlerkpunte moes opvou om in vliegdekskip gestoor te kan word.

Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 30 Julie 1954 voltooi, die resultate was teleurstellend omrede die klankgrens nie gebreek kon word nie. Die motorvervaardiger stel toe voor dat 'n weergawe van die J-65 ('n Rolls-Royce Sapphire-motor vervaardig onder lisensie) motor met 'n nabrander gebruik moet word. Tesame daarmee moes die agterkant en stertvlerke herontwerp word. Gedurende hierdie moeilike tyd is die verbeterde ontwerp die F-11F genoem. Die nabrander probleme egter voortgeduur en die vliegtuig het nooit sy ware potensiaal bereik nie en slegs 201 is vervaardig.

Die Tiger is in 1957 in diens gestel; die vliegtuig was maklik om te onderhou en positief ontvang deur die vlieëniers. Dit het egter voortdurend gebuk gegaan onder motor probleme en uit diens gestel in 1961, slegs vier jaar nadat dit in diens gestel was. Hulle was vervang met die Vought F-8 Crusader.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Grumman F-11F-1 Tiger: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Wright J-65-W-18 turbostraal Kraglewering per motor 3 379 kg stukrag Vlerkspan 9,64 m Lengte 14,31 m Hoogte 4,03 m Vlerkoppervlakte 23,23 m2 Maks. opstygmassa 10052 kg Maks. snelheid 1 207 km/h Operasionele hoogte 12 770 m Togafstand 2 044 km Klimvermoë 1 565 m per minuut Bewapening Vier 20 mm kanonne en vier Sidewinder lug-tot-lug missiele onder die vlerke

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie