Die eilande van die Karibiese See, wat ook onder die term Wes-Indiese eilande saamgevat word, bestaan uit die Lucayan-argipel (Bahamas en die Turks- en Caicoseilande), die Klein-Antille en die Groot-Antille (Engels: Greater Antilles; Frans: Grandes Antilles; Haïtiaanse Kreools: Gwo Zantiy; Jamaikaanse Patois: Grieta hAntiliiz; Spaans: Antillas Mayores). Die Groot-Antille sluit Kuba, Jamaika, die Kaaimanseilande, Hispaniola met die lande Haïti in die weste en die Dominikaanse Republiek in die ooste, en Puerto Rico in. Die kleiner eilande in die omgewing van die vier groot eilande word soms as deel van dié eilandgroep beskou. Die Groot-Antille bestaan uit kontinentale rots, terwyl die Klein-Antille meestal uit jong vulkaniese rots of koraaleilande bestaan. Die Groot-Antille beslaan meer as 90% van Wes-Indië se oppervlakte en huisves ook meer as 90% van die bevolking.

duimnael|links|Ligging van die Groot-Antille (groen) in die Karibiese gebied Die Groot-Antille was vroeër 'n strategies belangrike hawe onderweg na die Amerikas. In die koloniale tydperk, toe die oorheersing van die see 'n land se mag gedefinieer het, was die eilande slagvelde vir verskeie imperiale magte, veral Spanje, Frankryk, Nederland en die Verenigde Koninkryk. Die eilande is aan die begin gekoloniseer vir hul hulpbronne, maar het later as belangrike vasmeerpunte vir skepe op hul reis tussen Europa en die Nuwe Wêreld gedien. Met die opkoms van kommersiële lugrederye het die strategiese waarde van die eilande stadigaan verminder.

Die eilande kan in kontras gebring word met die Klein-Antille.

Lande van die Groot-Antille

(Verenigde Koninkryk)

(Verenigde State)

Bronne

Eksterne skakels

Kategorie:Argipels