Die heilige LinusLinus, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.Kirsch, J.P. (1910). Pope St. Linus. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 11 Januarie 2013 by New Advent was tussen 67 en 76 die tweede pous. Artaud de Montor skryf dat hy die seun was van Herculanus, van die Mauri familie van Volterra en dat hy op twaalfjarige leeftyd na Rome gestuur is waar hy Simon Petrus ontmoet het.Artaud de Montor, A.F. Chévalier de, (1772–1849), The lives and times of the popes. bl. 16 Hy word beskou as die opvolger van Petrus as biskop van Rome. Irenaeus van Lyon beskou Linus as dieselfde persoon as die een waaroor Paulus praat in 2. Tim 4: 21.
"Doen jou bes om nog voor die winter te kom. Eubulus, Pudens, Linos, Claudia en al die broers stuur vir jou groete."
Tydens sy pontifikaat word die eerste 15 biskoppe aangestel. Sy opvolger was Anacletus. Eusebius skrywe dat Linus twaalf jaar lank biskop van Rome was (van circa 66 tot 78).
Volgens die Liber PontificalisLoomis, Louise R. (1874 translator) "The book of the popes. (Liber Pontificalis)" bl. 44. New York, Columbia University Press. Augustus 1997. is hy as martelaar dood. Dit is egter onwaarskynlik, aangesien daar in die jaar van sy dood nie groot Christenvervolgings was nie.
In die Rooms-Katolieke Kerk word hy as heilige vereer, met 23 September as sy feesdag. Volgens die amptelike pouslys van die Vatikaan was hy pous van 67 tot 76.
Verwysings
Bronne Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London.
Eksterne skakels
Opvolging
Linus Linus Kategorie:Sterftes in 76