duimnael|regs| Sportforum Hohenschönhausen, Berlyn
BFC Dynamo, ook bekend as Berliner FC Dynamo en Dynamo Berlyn is 'n sokkerklub uit Berlyn, die hoofstad van Duitsland.
Geskiedenis In 1953 is die klub SpVgg Dynamo Berlyn gestig as opvolger van SG Volkspolizei Berlyn, wat in 1949 gestig is. Die klub se naam is later verander na SV Dynamo Berlyn. In 1954 is die klub herstig as SC Dynamo Berlyn en later dieselfde jaar is die spelers van SG Dynamo Dresden na Berlyn oorgeplaas en by die klub geïntegreer. Op 15 Januarie 1966 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as Berliner FC Dynamo. In 1990 is die klubnaam verander na FC Berlyn, maar sedert 3 Mei 1999 staan die klub weer bekend as Berliner FC Dynamo.
BFC Berlyn was die mees suksesvolle klub uit die DDR-Oberliga met tien opeenvolgende Oos-Duitse kampioenskappe tussen 1979 en 1988.
Gemanupileerde sukses en die Koue Oorlog Die klub se belangrikste ondersteuner was Erich Mielke, hoof van die Oos-Duitse Stasi (die geheime polisie), en daar is van verskeie metodes gebruik gemaak om die uitslae van die span se wedstryde te bekook en sy dominansie van Oos-Duitse sokker te verseker.
Die tien titels wat die span agtereenvolgens gewen het was die direkte gevolg van partydige skeidsregters, onregverdige oorplasings van die beste spelers van ander spanne na BFC en ander onsportiewe metodes. Selfs lede van die regerende Politburo het hulleself nieamptelik uitgelaat teen die situasie. BFC was sonder twyfel die mees gehate span in Oos-Duitsland.
Een van Dynamo se spelers, Lutz Eigendorf, het in 1979 uit Oos-Duitsland na die Weste gevlug en aangesluit by 1. FC Kaiserslautern. Kort na sy oordrag na Eintracht Braunschweig in 1983 is hy dood aan beserings wat hy opgedoen het in 'n motorfietsongeluk. 'n Ondersoek deur joernaliste het later aan die lig gebring dat sy dood 'n sluipmoord deur die Stasi was. Hy kan dus as 'n slagoffer van die Koue Oorlog beskou word.
Duitse hereniging Na die Duitse hereniging het die span sy naam verander om van sy negatiewe beeld weg te kom, maar in 1999 het die lede ten gunste van die terugneem van die ou naam gestem. In die 2001/02-seisoen het die klub net-net 'n dreigende bankrotskap oorleef. Die klub ding tans in die Oberliga Noordoos-Noord mee en is berug vir 'n fascistiese element onder sy ondersteuners.
Erelys Oos-Duitse kampioen 1979, 1980, 1981, 1982, 1983, 1984, 1985, 1986, 1987, 1988 FDGB-Pokal 1959, 1988, 1989 Europese beker II Halfeindstryd 1972
Onlangse ligaposisionering 1965-66 (I) DDR-Oberliga 9de 1966-67 (I) DDR-Oberliga 13de 1967-68 (II) DDR-Liga, St. Noord 1ste 1968-69 (I) DDR-Oberliga 10de 1969-70 (I) DDR-Oberliga 6de 1970-71 (I) DDR-Oberliga 9de 1971-72 (I) DDR-Oberliga 2de 1972-73 (I) DDR-Oberliga 6de 1973-74 (I) DDR-Oberliga 6de 1974-75 (I) DDR-Oberliga 4de 1975-76 (I) DDR-Oberliga 2de 1976-77 (I) DDR-Oberliga 4de 1977-78 (I) DDR-Oberliga 3de 1978-79 (I) DDR-Oberliga 1ste 1979-80 (I) DDR-Oberliga 1ste 1980-81 (I) DDR-Oberliga 1ste 1981-82 (I) DDR-Oberliga 1ste 1982-83 (I) DDR-Oberliga 1ste 1983-84 (I) DDR-Oberliga 1ste 1984-85 (I) DDR-Oberliga 1ste 1985-86 (I) DDR-Oberliga 1ste 1986-87 (I) DDR-Oberliga 1ste 1987-88 (I) DDR-Oberliga 1ste 1988-89 (I) DDR-Oberliga 2de 1989-90 (I) DDR-Oberliga 4de 1990-91 (I) NOFV-Oberliga Noordoos 11de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noordoos 1ste 1992-93 (III) Am.Oberliga Noordoos 4de 1993-94 (III) Am.Oberliga Noordoos 4de 1994-95 (III) Regionalliga Noordoos 11de 1995-96 (III) Regionalliga Noordoos 13de 1996-97 (III) Regionalliga Noordoos 13de 1997-98 (III) Regionalliga Noordoos 11de 1998-99 (III) Regionalliga Noordoos 8ste 1999-00 (III) Regionalliga Noordoos 17de 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 1ste 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 18de 2002-03 (V) Verbandsliga Berlyn 3de 2003-04 (V) Verbandsliga Berlyn 1ste 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 6de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 6de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord
Verwysings en toepaslike literatuur Weinreich,Jens: http://www.berlinonline.de/berliner-zeitung/archiv/.bin/dump.fcgi/2005/0324/sport/0005/index.html Titel: Büttel an der Pfeife Leske, Hanns: http://www.tagesspiegel.de/sport/archiv/22.03.2006/2424496.asp Titel: Foul von höchster Stelle Gläser,Andreas: Der BFC ist schuld am Mauerbau! - Aufbau Taschenbuch Verlag, 2002 Leske,Hanns: Erich Mielke, die Stasi und das runde Leder: Der Einfluß der SED und des Ministeriums für Staatssicherheit auf den Fußballsport in der DDR - Die Werkstatt, 2004 Luther, Jörn; BFC Dynamo – Der Meisterclub - Das Neue Berlin, 2003
Eksterne skakels Amptelike klubblad alle Spiele mit vielen Spielberichten Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow
Berlyn Kategorie:Sport in Berlyn