duimnael|Hierdie antieke klokhorlosie is aan land gebring deur Bertel Pedersen Randers, toe die skip "Kroonprinses van Denemarke" in 1752 in Mosselbaai gestrand het

Bertel Pedersen Randers is die Deense stamvader van die Pieterse Afrikanerfamilie.

Herkoms Daar is weinig oor Bertel se herkoms bekend. Na skatting is hy om en by 1722 gebore en was hy afkomstig van die stad of gebied Randers, in Denemarke.

Daar is 'n paar kandidate wat aanspraak maak om Bertel Pedersen van Randers te wees:

Sommige bronne beweer dat Bertel in 6 Januarie 1738 gebore is as die seun van Peder Nielsson in die Karlby-gemeente in die Djurs Nørre-gebied van die Randersgraafskap. Hierdie inskrywing kan gevind word in die aanlynweergawe van die Kopenhagen-argief. Nog 'n kandidaat was 'n Bertel, seun van Peder Knudsen, wat in 1736 by die Sankt Morten-gemeente in die Støvring-gebied van die Randersgraafskap gebore is.

Hierdie aansprake word egter bevraagteken omdat Bertel in 1743 reeds as matroos aan boord van die skip Doquen gewerk het. Aangesien hy op daardie stadium onmoontlik jonger as 10 jaar oud kon wees, beteken dit dat Bertel voor 1727 gebore moes gewees het. 'n Veilige aanname is dat Bertel tussen 1720 en 1727 gebore is.

Daar is tans geen bevestigbare feite wat Bertel se herkoms bo alle twyfel vaspen nie.

Kandidate wat moontlik Bertel Pedersen Randers kon gewees het is: Bertel Pedersen, seun van Peder Sorensen en Maren Bertelsen, wat gedoop is op 25 Maart 1727 in Farstrup, Aalborg, Denemarke Bertel Pedersen, seun van Peder Bertelsen en Anne Pedersdatter, wat gedoop is op 27 Desember 1721 in Vor Frue, Aalborg, Denemarke Bertel Pedersen, seun van Peder Bertelson en Maren Nielsdatter, wat gedoop is op 10 November 1720 in Jerslev, Hjorring, Denemarke Bertel Pedersen, seun van Peder Nielson en Karen Christensdatter, wat gedoop is op 19 Januarie 1721 in Oster Bronderslev, Hjorring, Denemarke Bertel Pedersen, seun van Peder Bech en Karen Bertelsdatter, wat gedoop is op 19 Maart 1724 in Hirsholmene, Hjorring, Denemarke Bertel Pedersen, seun van Peder Bertelsen en Maren Christensdatter, wat gedoop is op 5 Desember 1723 in Jerslev, Hjorring, Denemarke Bertel Pedersen, seun van Peder Moller, wat gedoop is op 23 Maart 1721 in Aarslev, Svendborg, Denemarke Bertel Pedersen, seun van Peder Hansen, wat gedoop is op 9 Julie 1723 in Maribo, Denemarke

Agtergrond Bartel is gebore in Denemarke net nadat die Deens-Sweedse oorlog tot 'n einde gekom het, in 1720. 'n Lang tydperk van vrede was ingelei, wat eers verbreek sou word in 1807 toe 'n oorlog teen Engeland uitgebreek het. Die eerste paar jaar na 1720 is gekenmerk as 'n periode waartydens oorlogskuld betaal moes word asook 'n ernstige landboukrisis. Frederik IV het, met die Eed van Getrouheid in 1721, dele van Gottorp onder Deense heerskappy gebring na 'n lang, intensiewe diplomatieke en politieke poging.

Tydens die tydperk het Frederik IV indiwidueel geregeer soos 'n landbaron. Die politieke mag het langsamerhand verskuif vanaf die koning na 'n raad van ministers. Die Koningkryk se populasie het stewig gegroei van 700,000 in 1720 tot 978,000 in 1807.

Tydens Bartel se vroeë jare was Denemarke in 'n proses van ekonomiese modernisering wat 'n basis sou vorm vir ernstige hervorming van die landboubedryf. In die vroeë 1720's het die plaaslike inwoners nie veel verder beweeg as hul tuisdorpe nie.

'n Landbou krisis in 1730 het daartoe gelei dat die koning grondeienaars bevoordeel het ten koste van die werkende boere op die plase. 'n Arbeidswet het in werking getree in 1733 wat plaaswerkers verbied het om landgoed te verlaat sonder die toestemming van hul grondeienaars. Alhoewel militêre redes aangevoer was vir die wet, het dit tot gevolg gehad dat grondeienaars toegang gehad het tot goedkoop arbeid. Verskeie instansies is ingestel ten einde beter beheer te verkry oor die ekonomie van Denemarke: die Raad van Handel in 1735, die eerste bank wat note vrygestel het in 1736 en die Handelsgulde in 1742.

Teen 1740 het die opkomende middelklas se jong mans hulself begin vereenselwig met 'n nasionale identiteit gebaseer op 'n gemeenskaplike taal en geskiedenis. Hierdie nasionale besef het ontwikkel as gevolg van 'n teenreaksie op die invloed van buitelanders en veral omdat die Deense adel openlik Denemarke as kultureel onderontwikkeld bestempel het.

Bertel het sy eerste skip betree in die hawe van Kopenhagen in 1743. Hy moes sekerlik bewus gewees het van die stad se tragiese geskiedenis. In 1711 is die hoofstad deur builepes getref wat een derde van die populasie uitgewis het. In 1728 het verskeie brande 'n groot deel van Kopenhagen uitgewis toe 'n brand uitgebreek het in 'n kersmaker se winkel in Norregard. Ongeveer 1700 huise, die stadsaal en die Universiteit is afgebrand. Die stad is herbou en die bouwerk is in 1737 voltooi, slegs ses jaar voordat Bertel op die Donquen geklim het as matroos. Tydens die herbou van die stad is die uitleg van die stad aansienlik verander. Die ou Kopenhagenkasteel is gesloop en in sy plek is die Christiansborgpaleis gebou en wat in 1740 deur Christian IV in gebruik geneem is.

Voordat Bertel op sy tweede skeepsreis vertrek het was hy heel waarskynlik in Kopenhagen toe die Koninklike Deense Teater geopen is in 1748 met 8 akteurs en 4 aktrises wat 'n Franse komedie opgevoer het. Die teater was geleë by die Kongens Nytorv in die hart van Kopenhagen.

Alternatiewe name

Uit bronne blyk dit dat Bartel se naam mettertyd verander het.

Tussen 1743 en 1748 word sy naam aangegee as Bertel Pedersen Randers op die twee skepe Donquen en Christiansborg Slot Tussen 1748 en 1752 word sy naam aangegee as Baadsman Bertel Randers en hy teken sy naam as B.P. Randers Die 'Storm round the Cape, Dangerous Danish Voyages' verwys na Bertel Randers Die sertifikaat wat aan hom uitgereik is in 1753 deur die Kaptein van die skip Kroonprinses van Denemarke verwys na Bertel Randers Die goedkeuring om burgerskap wat in 1956 deur Goeweneur Ryk Tulbagh uitgereik is verwys na hom as: Bertel Pieters van Randers Die inventaris van die Kamer van Weeskinders toon aan dat Bartel met sy dood bekend gestaan het as Bartel Pietersz van Randers en as Bartel Pitters van Randers Die naam Barthold kom nie voor in dokumentasie van Bertel se tyd nie. Die naam verskyn die eerste keer in die werk van CC de Villiers "geslachtsregistersvan Zuid Afrikaansche Familien" en die naam mag dus 'n verkeerdelike interpretasie van die outeur gewees het. Met sy afsterwe word na hom verwys as Bartel Pieterse asook Barthel Pietersz Bartel se kinders word almal aangegee met die van Pieterse(n) in die Suid-Afrika Genealogie.

Uit al die name is dit duidelik dat Bertel 'n sterk verbintenis gehad het met die Randersgraafskap en dat Bertel Pedersen van Randers sy oorspronklike benaming was.

Bertel se handtekening duimnael|300px|Handtekening van Bertel

Bertel se handtekening soos weergegee in die opgaaf van die tweede reis van Kroonprinses van Denemarke. Ons aanvaar dat die handtekening Bertel se eie handskrif is. Die handtekening vir die rit van Kopenhagen na Tranquebar en handtekening van die terugtog van Tranquebar na Kopenhagen dieselfde was terwyl verskillende persone verantwoordelik was vir die opstel van die opgaaf met die twee geleenthede.

Bertel se ervarings op die see

Bertel het op vier skeepsreise gedien: Op 21 Januarie 1743 is Bertel aangeteken as matroos op die skip Donquen. Hy verskyn in die skip se protokol as nommer 25 in die lys van matrose. Die Donquen het van Kopenhagen vertrek na Tranquebar op 30 Januarie 1743 en in Tranquebar gearriveer op 26 September 1743. Die skip het terug vertrek na Kopenhagen op 6 Februarie 1744. Die skeepsjoernaal van die rit is in Kopenhagen se argiewe en is bygehou vanaf 19 Desember 1742 tot 21 Julie 1743 deur Stuurman Jens Madsen Knie. Op 26 November 1744 is Bertel aangeteken as matroos op die skip Kroonprins van Denemarke na Kanton in China. Sy naam word aangedui as Matroos nommer 42. Die skip het Ierland aangedoen en daar is nie 'n aanduiding of die tog na China voltooi is nie. Die skeepsjoernaal verloop vanaf 17 November 1744 tot 2 September 1745. Op 4 Desember 1745 is Bertel opgeteken as nommer 39 van die bemanning met die amp as kwartiermeester vir 'n seereis op die skip Christiansborg Slot. Christiansborg Slot was bestem om na Kanton in China te reis. Die skeepsjoernaal is opgeteken vanaf 10 Desember 1745 tot 21 Julie 1747 soos bygehou deur Poul Kock. Op 26 Oktober 1748 is Bertel se naam aangeteken onder die offisiere as Bootsman Bertel Randers op die skip Kroonprinses van Denemarke. Hy verskyn as inskrywing nommer 15 in die offisierslys. Die Kroonprinses van Denemarke het op 7 November 1748 uit Kopenhagen vertrek en op 18 Mei 1749 in Tranquebar aangeland. Die skip het weer op 5 November 1749 uit Tranquebar vertrek en in Mei 1750 in Kopenhagen geanker. Die skeepsjoernaal van die rit handel vanaf 15 Oktober 1748 tot 16 Mei 1750 deur stuurman Jens Knie. Op 7 Oktober 1750 is Bertel se naam aangeteken as Bootsman Bertel Randers op die skip Kroonprinses van Denemarke. In die skip se protokol word hy as nommer 18 onder die offisiere gelys. Die Kroonprinses het op 3 November 1750 vertrek uit Kopenhagen en in Tranquebar gearriveer op 29 Mei 1751. Op 2 November 1751 het Kroonprinses van Denemarke uit Tranquebar gevaar maar het nooit Kopenhagen bereik nie. Die skip was erg beskadig tydens 'n storm en moes op 10 Junie 1752 gestrand word by Mosselbaai aan die Suid-Afrikaanse kus.

Bertel het dus ongeveer nege-en-'n-halfjaar ervaring gehad as seevaarder toe hy in Suid-Afrika aan wal gestap het.

Bertel as Bootsman duimnael|Bertel se naam verskyn as nommer 15 in die opgaaf van die tweede reis van Kroonprinses van Denemarke 1748–1750 (Geneem deur Palle Kvist; Argiewe van Kopenhagen)

Bertel, was reeds aangeteken as bootsman onder die offisiere, tydens die tweede reis van Kroonprinses van Denemarke. Die skeepsjoernaal het die volgende verwysings in wat na Bertel verwys:

25 Oktober 1748: Verwysing in die instruksies dat bootsman Bertel Randers in die kaptein se kajuit eet aan die tweede tafel as persoon nommer agt.

26 Oktober 1748: Baadsman Bertel Randers word gelys as persoon nommer vyftien onder die offisiere. Sy maandelikse salaris is 8 riksdaalders, dieselfde as 'n skeepsassistent, 3de stuurman, 2de timmerman en seilmaker en dubbel dié van 'n normale matroos.

5 November 1748: Bertel verlaat Kopenhagen met die skip Kroonprinses van Denemarke.

18 November 1748: Bootsman Bertel Randers koop velt, twee hemde en wit en blou kledingstukke.

9 Desember 1748: Die skeepsraad word byeengeroep omdat die Soldaat Peder Nielsen Lind gearresteer is vir diefstal. Baadsman Bertel Randers stel voor dat hy oor 'n periode van drie dae 100 sweepslae per dag ontvang as straf. Daar is ooreengekom om die straf so te aanvaar.

16 Desember 1748: Bootsman Bertel Randers koop tabak.

12 Januarie 1749: Bertel Randers, tesame met ander offisiere, teken 'n rekening vir die aankope van voedsel ens. by die Cap Verdic island Porto Praj.

4 Februarie 1749: Die skeepsraad word byeengeroep omdat die "boutellier" nie sy werk behoorlik gedoen het om die noodsaaklike dokumente in te vul ten opsigte van watter kos nie gebruik is nie. Die skeepsraad gee hom geleentheid om sy sake in orde te kry. Ook geteken deur B.P. Randers.

26 Februarie 1749: Baadsman Randers koop naaldwerkgare en tabak.

18 Maart 1749: Die skeepsraad word byeengeroep om te besluit of Korporaal Christan Schultz gearresteer moet word tot by Traquebar. Geteken deur B.P. Randers

8 April 1749: Baadsman Bertel Randers skenk op Paasfees 1 riksdaalder, 2Mk aan die leraar aan boord en 4Mk aan die armes.

5 Mei 1749: Die eiendom van die afgestorwe timmerman, Albrecht Madsen, word opgeveil. Baadsman Bertel Randers koop twee gordyne vir 3Mk en 'n "salvet" vir 2Mk.

18 Mei 1749: Bertel arriveer in Tranquebar met die Kroonprinses van Denemarke.