duimnael|links|Vlag van Suidwes-Afrika vanaf 9 Julie 1915 tot 28 Junie 1919 duimnael|links|Vlag van Suidwes-Afrika vanaf 28 Junie 1919 tot 31 Mei 1928 Suidwes-Afrika (Duits: Südwestafrika, Engels: South-West Africa, Nederlands: Zuidwest-Afrika; kort SWA) is 'n voormalige Volkebond-mandaat van Suid-Afrika, wat tussen 1915 en 1990 op die gebied van die huidige Republiek van Namibië bestaan het.
Die Unie van Suid-Afrika het die gebied op 9 Julie 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog (sien Suidwes-Afrika-veldtog) van die Duitse Keiserryk verower en geannekseer. Met die Verdrag van Versailles, wat ná die Eerste Wêreldoorlog op 28 Junie 1919 onderteken is, het die Volkebond die gebied aan Suid-Afrika oordra. Op 14 Desember 1946 het die Verenigde Nasies die gebied van Suid-Afrika se heerskappy ontbind, wat die Unie geïgnoreer het en Suidwes-Afrika tot sy vyfde provinsie verklaar het.
Op 27 Oktober 1966 het die Verenigde Nasies die gebied as Namibië onder sy eie regering gestel, wat tot die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog van die SWAPO teen Suid-Afrika gelei het. 1971 het die Internasionale Geregshof die Suid-Afrikaanse besetting vir ongrondwetlik met die internasionale reg verklaar, wat sedert die mid-1970's tot 'n voortdurende oorgangsproses tot die onafhanklikheid van Namibië gelei het.
Bantoestans duimnael|links|200px|Die Odendaal-plan vir Bantoestans in Suidwes-Afrika in 1964. duimnael|links|200px|Kaart van tuislande in Suidwes-Afrika in 1978. Die Suid-Afrikaanse regering het 10 bantoestans in Suidwes-Afrika in die laat 1960's en vroeë 1970's in ooreenstemming met die Odendaal-plan, waarvan vier selfregering toegestaan is, gestig. World Statesman Hierdie Bantoestans is in 1980 met outonome regerings vervang, wat op etnisiteit gebaseer was.
Die bantoestans was: Boesmanland Damaraland Oos-Caprivi (selfregerend 1976) Hereroland (selfregerend 1970) Kaokoland Kavangoland (selfregerend 1973) Namaland Ovamboland (selfregerend 1973) Rehoboth Tswanaland
Verwysings
Bronne SWA/Namibië: Grondslae vir die toekoms. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 7, Augustus 1989. ISSN 0491-4783 Johannes Paul: Deutsche, Buren und Engländer in Südwestafrika. Begleitwort zu einer Nationalitätenkarte der Europäer in Südwestafrika. In: „Koloniale Rundschau“ Heft 9/10, 1931. Johannes Paul: Deutsch-Südwestafrika. In: Handwörterbuch des Grenz- und Auslandsdeutschtums, hrsg. von Carl Petersen; Otto Scheel; Paul Hermann Ruth; Hans Schwalm.
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van Namibië Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika