Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Arabiere.
Arabies (العَرَبِية, al-ʻarabiyyah [alʕaraˈbijja] of عربي ,عربى ʻarabī [ˈʕarabiː] ) is die taal van die Arabiere, wat ook die hooftaal in Noord-Afrika, die Midde-Ooste en die Horing van Afrika is.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Dit is 'n Semitiese taal wat deur 242 miljoen mense as hulle moedertaal beskou word en deur vele meer as ampstaal en/of liturgiese taal aangewend word. Dit word as sesde werkstaal van die Verenigde Nasies erken. Arabies is die amptelike taal van 28 lande, die derde meeste naas Engels en Frans. Daarbenewens is dit 'n belangrike minderheidstaal in lande soos Iran en Turkye. Arabies word in die Arabiese alfabet geskryf.
duimnael|links|Die woord al-ʻarabiyyah geskryf in die Arabiese alfabet duimnael|links|Verspreiding van Arabiese dialekte duimnael|links| duimnael|links|350px|Stilhouteken in Arabies Arabies bevat verskeie dialekte, waarvan Egiptiese Arabies die belangrikste is. Amper elke Arabiestalige land beskik oor sy eie dialek. As gevolg van die Arabiese diaspora (verspreiding) het die Arabiese taal ook in lande soos Argentinië, Brasilië, Frankryk, Italië en Spanje gevestig geraak.
Arabies is die liturgiese taal van Islam en byna elke Moslem verstaan Arabies en kan die Arabiese alfabet lees. Dit was die profeet Mohammed se moedertaal en die Koran is in Arabies geskryf. Daarbenewens gebruik Arabiese Christene ook Arabies en Maltees, die amptelike taal van die merendeels Rooms-Katolieke Malta. Maltees het uit 'n Arabiese dialek ontwikkel.
Sien ook Arabiese Wikipedia Egiptiese Arabies
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Tale van Iran Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Tale van Suid-Soedan Kategorie:Tale van Turkye