Gimnasium in die Paarl is op 12 Januarie 1858 deur ds. G.W.A. van der Lingen gestig en het die grondslag gevorm van die Christelik-nasionale onderwys in Suid-Afrika deurdat dit Nederlands as onderrigmedium gebruik het toe Engels die enigste amptelike onderrigtaal was, en deurdat godsdiensonderrig 'n verpligte vak was.

duimnael|links|Paarl Gimnasium Verskeie taalstryders van die Afrikaanse Taalbeweging het aan die Gimnasium skoolgegaan, onder meer ds. S.J. du Toit, wat 'n leerling van Arnoldus Pannevis was.

Sedert 1902, die jaar waarin sport op 'n georganiseerde wyse by Gimnasium begin beoefen is, het die skool 74 mans en vroue opgelewer wat Suid-Afrika in 22 verskillende sportsoorte verteenwoordig het, onder meer ook 27 Springbokke. Die bekendstes van die afgelope jare is De Wet Barry, Marius Joubert, Jean de Villiers en Schalk Burger.

In 1964 skei die skool in 'n hoër- en laerskool, met in 2007 onderskeidelik 1 161 en 550 leerders. Meisies is eers ná die skeiding toegelaat. Bekende oudleerlinge Marciel Hopkins - model Martha Koekemoer - sakevrou Ninette Keller - veearts Lorraine Burger - aktrise Johannes de Villiers - skrywer Marguerite Wheatley - aktrise Tanya Mulder - sakevrou Perlé van Schalkwyk - ontkleedanser Liezl van der Merwe - lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Irna van Zyl - skrywer Mandy Rossouw - joernalis Martelize Brink - omroeper, navorser, regisseur, skrywer Lizette Smook - HUB van InnovAsians Ltd Isa Carstens Roos - stigter van Isa Carstens Academy Sunelle Barnard - SA netbalspeler Idelette McVicker - aktivis Professor Mia Swart Misi Overturf - kreatiewe konsultant Adene Niewoudt - bloemis Lisha Nelson - wynmaker Elma Smit - skrywer Nadia Herbst - model Karike Conradie - restaurateur Stella Scheepers - model Izelle Lategan - SA hokkiespeler Ilze Joubert - advokaat Tania Joubert - sakevrou Izele van Blerk - wynmaker Jacques LaGrange - modeontwerper C.P. Conradie - wynmaker Pierre Wahl - wynmaker Herman Niesewand Johann van der Merwe

Eksterne skakels Die skole se amptelike webblaaie

* Kategorie:Skole in die Wes-Kaap