duimnael|links|240px|Die kerk se toring van nader gesien. Dis 57 m hoog vergeleke met die NG gemeente Aberdeen se kerktoring van 54,56 m. duimnael|240px|Die Toringkerk vanaf die noordekant gesien. Ds. Andrew Murray het die hoeksteen op 8 April 1905 gelê. duimnael|240px|Syaansig van die Toringkerk. duimnael|200px|Ds. S.J. du Toit, leraar van 1875 tot 1881. duimnael|200px|Ds. W.A. Joubert, leraar van 1897 tot 1917. duimnael|regs|160px|Dr. M.J. van der Westhuizen was leraar van Noorder-Paarl van 1917 tot 1938 en daarna redakteur van die Kerkbode. duimnael|160px|regs|Ds. G.F.K. Carstens, leraar van 1962 tot 1965. duimnael|regs|160px|Ds. G.J.V. Vlotman, leraar van 1966 tot 1970.

Die Toringkerk in die Paarl is in 1875 as die NG gemeente Noorder-Paarl van die NG gemeente Paarl, ook bekend as die Strooidakkerk, afgestig.

Soos baie ander gemeentes, het hierdie gemeente ook sy ontstaan te danke gehad aan onderlinge stryd en verdeeldheid. Naas die verlange na beter geestelike bearbeiding op 'n dorp wat toe al te groot vir net een NG gemeente begin raak het, was die dieper liggende oorsaak van verdeeldheid in die Paarl die ontwaking van 'n volksbesef onder die Afrikaners in die tweede helfte van die 19de eeu.

Uit die stryd om die instandhouding van die Paarl Gimnasium, die bekende vrye kerkskool vir Christelike en moedertaalonderwys wat in 1858 deur ds. G.W.A. van der Lingen gestig is, en wat destyds as 'n "eilandjie in die see van verengelsing in die land" beskryf is, is die gemeente Noorder-Paarl gestig. Die gemeente was uit die staanspoor 'n sterk ondersteuner van die skool en het selfs die eerste 11 jaar van sy bestaan geldelike verantwoordelikheid vir die Paarl Gimnasium aanvaar.

Omdat die lidmate van die gemeente uit mense bestaan het wat bogenoemde ideale vir kerk en volk gekoester het en oor die hele Paarl verspreid gewoon het, is dit verklaarbaar waarom dr. Andrew Murray en sy mede-lede van die ringskommissie destyds die kerkraad van die Paarl versoek het om die gemeente sonder grenslyne te laat afstig. Die kerkraad het ingestem om geen hindernisse in die weg van afstigting te lê nie, anders sou daar beslis 'n skeuring in die plaaslike kerk ter wille van die ideale van die Afrikaanse taal gebeur het.

Op 26 Julie 1875 is Noorder-Paarl sonder grenslyne en met 377 lidmate afgestig. 'n Paar weke later is in die gemeente die Genootskap van Regte Afrikaners gestig om vir die erkenning van Afrikaans as skryftaal en vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans te ywer. Op twee na was al die oorspronklike leiers van die G.R.A. lidmate van die gemeente.

Die gemeente het een van die grootste en sierlikste kerkgeboue in die land. Die eintlike Toringkerk met sy 57 m hoë, kenmerkende toring is eers in 1907 voltooi en in 1982 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Die lidmaattal was in 1990 meer as 1 800, maar in 2007 1 300, weens veranderde vestigingspatrone op die dorp. Teen 2014 het dit verder gedaal tot 1 181.

Enkele leraars Stephanus Jacobus du Toit, 28 September 1875–1881 Andreas Adriaan Louw, 1882–1897 (emeriteer; oorlede op 24 Junie 1908) W.A. Joubert, 1897–1917 (emeriteer; oorlede 25 Januarie 1932) Barend Bartholomeus Keet, 1914–1916 (hulpprediker) Michiel Johannes van der Westhuizen, 1917–1938 (waarna redakteur van Die Kerkbode) Petrus Johannes Loots, 1939–1953 Hendrik Johan Christoffel van Wyk, 1956–1962 (waarna eerste leraar van dogtergemeente Drakenstein) Jacob Andries Cornelius Weideman, 1958–1962 George Fredrik Kellerman Carstens, 1962–1965 Edward George Daniel Coetzee, 1962–1973 Eduan Johan Hay, 1963–1965 Guiseppe Jacobus Vergottini Vlotman, 1966 tot Desember 1970 Christoph Wilhelm Alheit, 1973–1980 Dr. Marthinus Beyers (Matie) Brink, 1973–2005 Barend Johannes Jordaan, 23 Januarie 1981 – 19 Mei 1991 Jaco Thom, 15 September 1991 -- hede Jana Visagie, 1 September 2014Amptelike berigte, Kerkbode . – hede Ryno Els, 1 September 2015 – hede

Eksterne skakels Inligting oor die gemeente op die NG Kerk se webblad Die Toringkerk se webblad

Bronne Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.

Kategorie:Kerkgeboue in Suid-Afrika Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap