links|200px|duimnael|Ds. Van der Lingen se grafsteen voor die Strooidakkerk in die Paarl.
Gottlieb Wilhelm Anthonie van der Lingen (29 Mei 1804 in Kaapstad – 7 November 1869 in die Paarl) was die stigter van die beroemde Paarl Gimnasium.
Hy vertrek in 1818 saam met sy broer Juan Anthonie Pienaar en sy ouers na Nederland waar hy in 1822 student word in die lettere en filosofie aan die Universiteit van Utrecht.
In 1831 keer hy na Suid-Afrika terug en word in die Paarl deur ds. Abraham Faure as leraar van die Strooidakkerk bevestig. Nege jaar later moet hy sy werk om gesondheidsredes tydelik staak, maar keer weer later terug. In 1842 verwerf hy bekendheid met sy preke oor die profesieë en publiseer Aanwijsingen betreffende de Afkomst en Bestemming van sommige Noordsche Volken.
Hy het hom in 1849 beywer vir die oprigting van 'n kerklike nuusblad in Nederlands, as gevolg waarvan De Gereformeerde Kerkbode tot stand kom. Hy het hom ook beywer vir die oprigting van 'n teologiese kweekskool op Stellenbosch, maar bedank vir die professoraat wat hom aangebied word. In 1858 rig hy die Paarl Gimnasium op wat as teenwig vir die Engelse staatskole moes dien.
Verwysings
Bronnelys Albertyn, dr. C.F. (hoofred.), Afrikaanse Kinderensiklopedie (derde uitgawe), Nasou, Kaapstad, (jaartal onbekend).
Kategorie:Suid-Afrikaanse predikante Kategorie:Predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kategorie:Geboortes in 1829 Kategorie:Sterftes in 1869