Alfonso Cuarón Orozco (; gebore 28 November 1961) is ’n Mexikaanse rolprentregisseur, -vervaardiger, -draaiboekskrywer en -redigeerder wat al groot lof en talle pryse ingeoes het. Cuarón het in 2013 die Oscar vir beste regisseur vir Gravity gewen en so die eerste Latyns-Amerikaanse regisseur geword wat die prys ontvang. Hy is al vir 11 Oscars benoem, onder meer vir beste redigering vir Gravity en beste regisseur vir Roma (2019).

Cuarón se ander rolprente sluit in die drama Y Tu Mamá También (2001), die fantasieprent Harry Potter and the Prisoner of Azkaban (2004) en die riller Children of Men (2006).

Eksterne skakels

Alfonso Cuarón: A Life in Pictures, Bafta webuitsending, 27 Julie 2007

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Rolprentregisseurs Kategorie:Meksikane Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense