SpVgg Weiden is 'n Duitse sportklub uit Weiden in der Oberpfalz in die deelstaat Beiere, veral bekend om sy sokkerafdeling.
Die klub is op 19 Januarie 1924 gestig. In 1935 het die span die Gauliga Beiere gehaal, destyds die hoogste Duitse vlak, maar is na een seisoen weer gerelegeer. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die klub weer die Gauliga gehaal (as Reichsbahn SG Weiden) vanaf die 1941/42-seisoen, totdat die Beiere-liga in 1945 platgeval het as gevolg van die oorlog.
Na die oorlog is die klub herstig as SpVgg Weiden en was sy grootste sukses toe hy die Regionalliga Suid gehaal het in die 1965/66-seisoen, destyds die tweede hoogste vlak.
Die klub speel tans in die Oberliga Beiere. Behalwe sokker bied die klub ook kegelbal en kanovaart.
Onlangse ligaposisionering 1979-80 (IV) Landesliga B.-Sentr. 18de 1980-81 (IV) Landesliga B.-Sentr. 10de 1981-82 (IV) Landesliga B.-Sentr. 10de 1982-83 (IV) Landesliga B.-Sentr. 8ste 1983-84 (IV) Landesliga B.-Sentr. 6de 1984-85 (IV) Landesliga B.-Sentr. 1ste 1985-86 (III) Am.Oberliga Beiere 13de 1986-87 (III) Am.Oberliga Beiere 16de 1987-88 (IV) Landesliga B.-Sentr. 1988-89 (III) Am.Oberliga Beiere 9de 1989-90 (III) Am.Oberliga Beiere 5de 1990-91 (III) Am.Oberliga Beiere 3de 1991-92 (III) Am.Oberliga Beiere 8ste 1992-93 (IV) Am.Oberliga Beiere 16de 1993-94 (V) Landesliga B.-Sentr. 3de 1994-95 (V) Landesliga B.-Sentr. 2de 1995-96 (IV) Oberliga Beiere 6de 1996-97 (IV) Oberliga Beiere 8ste 1997-98 (IV) Oberliga Beiere 12de 1998-99 (IV) Oberliga Beiere 5de 1999-00 (IV) Oberliga Beiere 6de 2000-01 (IV) Oberliga Beiere 3de 2001-02 (IV) Oberliga Beiere 12de 2002-03 (IV) Oberliga Beiere 10de 2003-04 (IV) Oberliga Beiere 13de 2004-05 (IV) Oberliga Beiere 17de 2005-06 (V) Landesliga B.-Sentr. 1ste 2006-07 (IV) Oberliga Beiere 8ste 2007-08 (IV) Oberliga Beiere
Eksterne skakels Amptelike klubblad
Regionalliga Suid 2010/11-seisoen SV Darmstadt 98, Eintracht Frankfurt II, FSV Frankfurt II, SC Freiburg II, SG Sonnenhof Großaspach, SpVgg Greuther Fürth II, TSG 1899 Hoffenheim II, Karlsruher SC II, KSV Hessen Kassel, FC Memmingen, TSV 1860 München II, 1. FC Neurenberg II, SC Pfullendorf, Stuttgarter Kickers, SSV Ulm 1846, SV Wehen II, SpVgg Weiden, Wormatia Worms
Weiden