Hannah Botha (1923–2007) was 'n Afrikaanse aktrise wat veral bekend was vir haar rolle in die Suid-Afrikaanse televisiereekse Egoli (as Elsa du Plessis), Agter Elke Man en Nommer asseblief (as tant Lizzie). Botha was ook bekend vir haar bry.
Biografie Sy is op 17 Januarie 1923 op Dwarskersbos aan die Weskus gebore en het aan die Hoërskool Piketberg gematrikuleer.
Sy het per toeval in die toneelwêreld beland toe sy ná 'n persoonlike trauma in 1952 poësie bestudeer het. Weens nierstuipe het Botha blind geword en is haar dogtertjie doodgebore. Sy het later haar sig herwin, maar kon nie nog kinders hê nie. Sy het 'n vierjarige lisensiaat in spraak en drama verwerf. Haar toneelloopbaan was tot in 1988 net deeltyds, aangesien sy eers in hierdie jaar by die Ontvanger van Inkomste in Johannesburg afgetree het na 'n loopbaan van 41 jaar. Haar man, Fritz, is in 1984 oorlede.
Sy het in haar loopbaan in 26 rolprente en verskeie TV-reekse gespeel en was in die laat jare sewentig deel van die radioprogram Kolskoot. Een van die verhoogstukke waarin sy opgetree het, Curl Up and Dye, het in 1990 die eerste prys op die Edinburgse kunstefees in Skotland gekry en ook 'n speelvak in Londen gehad.
Botha is op 16 April 2007 in Johannesburg oorlede.
Filmografie Rolprente: Wolhaarstories, 1983 Verkeerde nommer (rolprent), 1982 Nommer asseblief as Lizzie, 1981
TV: Agter Elke Man, ~1985 Egoli: Plek van Goud as Elsa du Plessis Pienaar Nommer asseblief (TV-reeks), 1979 En verskeie ander.
Bronne Die Burger (Oos-Kaap) 18/1/2003 TVSA
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1923 Kategorie:Sterftes in 2007