Plungė 280px Kaart Wapen170px|center 50px|center Vlag 80px|center Land  Administratiewe distrik Telšiai Koördinate  Stigting (eerste verwysing) 1567 Stadstatus 1792 Oppervlakte:    - Totaal 30 vk km  Hoogte bo seevlak 119 m Bevolking:    - Totaal (2018) 17 318  - Bevolkingsdigtheid 577/vk km  Tydsone EET (UTC +2)  - Somertyd EEST (UTC +3) Klimaat    - Tipe Kontinentaal-gematig  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -°C  - Gem. temp. Januarie/Julie - / - °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae - mm Burgemeester (meras) Elvyra Lapukiene Amptelike Webwerf www.plunge.lt/ Plungė (Pools: Płungiany) is 'n stedelike nedersetting en administratiewe setel van die gelyknamige rajonmunisipaliteit, geleë in die distrik Telšiai in die noordweste van Litaue. 'n Verskeidenheid historiese en argitektoniese besienswaardighede, waaronder die 19de eeuse paleis van vors Mykolas Oginskis, wat in die middestad geleë is en tans onder meer die Samogitiese Kunsmuseum huisves, het daartoe bygedra dat Plungė as Litaue se kulturele hoofstad van 2009 aangewys is. Plungė dien as die poort tot die nabygeleë Nasionale Žemaitija-park.

Ekonomie Plungė is die setel van Linomeda, 'n familie-ondernerming in die derde generasie wat met sy plaaslik ontwerpte en vervaardigde linne-produkte van hoë gehalte 'n globale rolspeler in die linnebedryf geword het. Die ontwerper Inga Lukauskiene het aan die KLC School of Design in Chelsea, Londen gestudeer en met die aanlynwinkel LinenMe wêreldwye sukses vir Litaus-vervaardigde linne verseker.BQ Business Quarter Baltic Issue 01, Winter 2014, 17 Desember 2013, bl. 28-32: All hail the linen queen. Besoek op 4 April 2020

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Litaue