duimnael|regs|Hoofpawiljoen, Adolf Jäger-Kampfbahn, Hamburg

Altona 93 is 'n Duitse sportvereniging uit Hamburg met afdelings in handbal, karate, tafeltennis, sokker en vlugbal.

In 1893 het 'n groepie studente Altonaer Cricketclub gestig, maar hulle belangstelling het na sokker geskuif en die naam is eers verander na Altonaer FuCC en daarna na Altonaer FC. Die klub was deel van die Altona-Hamburg-liga wat in 1894 gevorm is. In 1900 was die klub een van die 70 spanne wat in Leipzig saamgekom het om die DFB (Duitse sokkerbond) te vorm. In 1903 was Altona die gasheer vir die eindstryd om die allereerste Duitse titel tussen VfB Leipzig en DFC Praag. Die klub het self in 1903 en 1909 die Duitse halfeindstryd gehaal.

In 1919 het die klub met Altonaer TS 1880 saamgesmelt en bekend gestaan as VfL Altona. In 1922 het die 2 klubs se paaie weer geskei en is die naam Altonaer FC 1893 VfL aangeneem. 'n Nuwe fusie in 1938 met Borussia 03 Bahrenfeld het gelei tot Altonaer FC 93 Borussia. Tussen die Eerste Wêreldoorlog en die Tweede Wêreldoorlog het die klub altyd op die hoogste vlak gespeel. Na die reorganisasie van die kompetisie onder impuls van die Derde Ryk het die klub eers in die Gauliga Nordmark en later in die Gauliga Hamburg gespeel.

Na die oorlog het die klub weer op die hoogste vlak gespeel in die Oberliga Noord, maar na die stigting van die Bundesliga in 1963 kon die klub sedert 1968 nog nie weer hoër as die derde vlak van die Duitse sokkerstruktuur styg nie. In 1979 het die klub sy huidige naam aangeneem.

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Noord 4de 1964-65 (II) Regionalliga Noord 3de 1965-66 (II) Regionalliga Noord 10de 1966-67 (II) Regionalliga Noord 8ste 1967-68 (II) Regionalliga Noord 16de 1968-69 (III) Amateurliga Hamburg 6de 1969-70 (III) Amateurliga Hamburg 10de 1970-71 (III) Amateurliga Hamburg 16de 1971-72 (IV) 2.Amateurliga Hamburg 1ste 1972-73 (III) Amateurliga Hamburg 7de 1973-74 (III) Amateurliga Hamburg 5de 1974-75 (IV) Landesliga Hamburg 2de 1975-76 (IV) Landesliga Hamburg 2de 1976-77 (IV) Landesliga Hamburg 2de 1977-78 (IV) Landesliga Hamburg 3de 1978-79 (IV) Verbandsliga Hamburg 6de 1979-80 (IV) Verbandsliga Hamburg 13de 1980-81 (IV) Verbandsliga Hamburg 16de 1981-82 (V) Landesliga H-Hammonia 2de 1982-83 (V) Landesliga H-Hammonia 1ste 1983-84 (IV) Verbandsliga Hamburg 2de 1984-85 (III) Am.Oberliga Noord 11de 1985-86 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1986-87 (III) Am.Oberliga Noord 11de1987-88 (III) Am.Oberliga Noord 11de 1988-89 (III) Am.Oberliga Noord 5de 1989-90 (III) Am.Oberliga Noord 10de 1990-91 (III) Am.Oberliga Noord 12de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noord 14de 1992-93 (III) Am.Oberliga Noord 14de 1993-94 (IV) Verbandsliga Hamburg 7de 1994-95 (IV) Oberliga Hamburg/SH 3de 1995-96 (IV) Oberliga Hamburg/SH 1ste 1996-97 (III) Regionalliga Noord 15de 1997-98 (V) Verbandsliga Hamburg 13de 1998-99 (V) Verbandsliga Hamburg 13de 1999-00 (V) Verbandsliga Hamburg 2de 2000-01 (V) Verbandsliga Hamburg 3de 2001-02 (V) Verbandsliga Hamburg 1ste 2002-03 (IV) Oberliga Hamburg/SH 8ste 2003-04 (IV) Oberliga Hamburg/SH 2de 2004-05 (IV) Oberliga Noord 12de 2005-06 (IV) Oberliga Noord 7de 2006-07 (IV) Oberliga Noord 2007-08 (V) Oberliga Noord 2de 2008-09 (IV) Regionalliga Noord 16de 2009-10 (V) Oberliga Hamburg

Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen

Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – SV Curslack-Neuengamme – SV Halstenbek-Rellingen – SC Concordia von 1907 – SC Condor Hamburg – SC Victoria Hamburg – SV Lurup – USC Paloma Hamburg – VfL Lohbrügge – Meiendorfer SV – Niendorfer TSV – FC Eintracht Norderstedt – Oststeinbeker SV – TSV Uetersen – Wedeler TSV

Altona Kategorie:Hamburg