duimnael|regs| Friedrich Ludwig Jahn Sportpark, Berlyn

Berlin Ankaraspor Kulübü 07 is 'n Duitse sokkerklub uit Berlyn. Die klub is gestig as Berlin Athletik Klub en is tans 'n multi-kulturele Duits-Turkse vereniging met bande met professionele sokker in Turkye.

Geskiedenis Die vereniging is in 1907 gestig in die Wedding-distrik (Berlyn) as 'n atletiekklub en 'n sokkerafdeling is in 1908 opgerig.

Die klub het grotendeels in die laer Berlynse ligas deelgeneem en speel tans in die Oberliga, wat in 2000 bereik is.

Berliner AK 07 het in 2004 met BSV Mitte saamgesmelt: Mitte is vroeër gevorm deur samesmeltings tussen die Turks-etniese klubs BFC Güneyspor en Fenerbahce Berlyn. Die nuwe klub het in 2006 'n samewerkingsooreenkoms met die eersteliga Turkse span Ankaraspor gesluit en die naam Berlin Ankaraspor Kulübü 07 aangeneem. Ahmet Gökcek, die seun van die burgemeester van Ankara, is as die klubvoorsitter aangewys.

Stadion Berliner AK 07 het tradisioneel sy tuiswedstryde gespeel in die Sportanlage Lüderitzstraße (kapasiteit 3 000). Sedert die 2006/07-seisoen het die span na die Friedrich Ludwig Jahn Sportpark verskuif, naas die Olimpiese stadion die grootste stadion in Berlyn.

Onlangse ligaposisionering 1993-94 (V) Landesliga Berlyn-1 3de 1994-95 (VI) Landesliga Berlyn-2 1ste 1995-96 (V) Verbandsliga Berlyn 5de 1996-97 (V) Verbandsliga Berlyn 5de 1997-98 (V) Verbandsliga Berlyn 7de 1998-99 (V) Verbandsliga Berlyn 1ste 1999-00 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 4de 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 15de 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 12de 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 15de 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 13de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 8ste 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 10de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer Amptelike klubblad van Ankaraspor in Turkye

Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow

Berlyn Kategorie:Sport in Berlyn