duimnael|regs|Die Westsachsenstadion, Zwickau

FSV Zwickau is 'n Duitse sokkerklub uit Zwickau in die deelstaat Sakse.

Geskiedenis SG Planitz is in 1912 gestig in Planitz naby Zwickau, sedert 1944 'n stadswyk van Zwickau. In die 1930’s het die klub in die Gauliga gespeel, destyds die hoogste vlak.

Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub heropgerig, maar in tipies Oos-Duitse styl het die klub 'n reeks naamsveranderinge ondergaan: In 1949 word die klub ZSG Horch Zwickau en die volgende jaar BSG Horch Zwickau. In die 1950/51-seisoen word die klub BSG Motor Zwickau. In 1968 smelt die klub saam met Aktivist Karl Marx Zwickau en word Sachsenring Zwickau. Die laaste naamsverandering was op 1 Januarie 1990 toe die huidige naam aangeneem is.

DDR-Oberliga SG Planitz was die eerste kampioen van Oos-Duitsland, maar nie in die DDR-Oberliga, wat eers die volgende jaar opgerig is, nie. Die klub het SG Freiimfelde Halle in die eindstryd verslaan. Daar was planne om die kampioen van die Sowjet-geokkupeerde Duitsland teen die wenner van al die ander gebiede deur die Geallieerdes beheer te laat speel om die Duitse kampioen te bepaal, maar die Koue Oorlog het dit verhoed toe die Sowjet-Unie Planitz verhoed het om na Stuttgart te reis om teen 1. FC Neurenberg te speel in die kwarteindronde.

Die klub se grootste sukses hierna was in die 1949/50-seisoen, toe dit die DDR-Oberliga gewen het. Die Oos-Duitse beker is ook drie keer gewen. 'n Groot prestasie is in 1975 behaal toe Zwickau die halfeindstryd van die Europese beker II gehaal het deur onder andere Panathinaikos, AC Fiorentina en Celtic Glasgow in die voorafgaande rondes uit te skakel.

Duitse eenwording Na die Duitse eenwording was die klub se beste tye die 4 seisoene sedert 1994 in die 2. Bundesliga, maar die klub het ernstige finansiële probleme ontwikkel en daardeur so laag as die Landesliga gesak. Tans speel die klub in die Oberliga, die 4de vlak van Duitsland.

Erelys Oos-Duitse kampioen 1948, 1950 FDGB-Pokal 1963, 1967, 1975

Onlangse ligaposisionering 1967-68 (I) DDR-Oberliga 7de 1968-69 (I) DDR-Oberliga 5de 1969-70 (I) DDR-Oberliga 5de 1970-71 (I) DDR-Oberliga 6de 1971-72 (I) DDR-Oberliga 7de 1972-73 (I) DDR-Oberliga 8ste 1973-74 (I) DDR-Oberliga 8ste 1974-75 (I) DDR-Oberliga 7de 1975-76 (I) DDR-Oberliga 9de 1976-77 (I) DDR-Oberliga 8ste 1977-78 (I) DDR-Oberliga 10de 1978-79 (I) DDR-Oberliga 12de 1979-80 (I) DDR-Oberliga 8ste 1980-81 (I) DDR-Oberliga 11de 1981-82 (I) DDR-Oberliga 12de 1982-83 (I) DDR-Oberliga 14de 1983-84 (II) DDR-Liga, St. D 1ste 1984-85 (II) DDR-Liga, St. B 1ste 1985-86 (I) DDR-Oberliga 14de 1986-87 (II) DDR-Liga, St. B 2de 1987-88 (II) DDR-Liga, St. B 1ste 1988-89 (I) DDR-Oberliga 13de 1989-90 (II) NOFV-Liga, St. B 4de 1990-91 (II) NOFV-Liga, St. B 1ste 1991-92 (III) Oberliga Noordoos-Suid 1ste 1992-93 (III) Oberliga Noordoos-Suid 5de 1993-94 (III) Oberliga Noordoos-Suid 1ste 1994-95 (II) 2.Bundesliga 16de 1995-96 (II) 2.Bundesliga 5de 1996-97 (II) 2.Bundesliga 14de 1997-98 (II) 2.Bundesliga 17de 1998-99 (III) Regionalliga Noordoos 4de 1999-00 (III) Regionalliga Noordoos 18de 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 4de 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 6de 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 6de 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 8ste 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 14de 2005-06 (V) Landesliga Sakse 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Suid

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoen VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | 1. FC Gera 03 | VfB Germania Halberstadt | Hallescher FC | FC Carl Zeiss Jena II | FC Sachsen Leipzig | SSV Markranstädt | ZFC Meuselwitz | VFC Plauen | VfB Pößneck | VfB 1906 Sangerhausen | FSV Zwickau

Zwickau Kategorie:Sakse