Hondeklipbaai (gestig 1846) is 'n inham en vissersdorpie aan die weskus in Namakwaland, 86 km noordwes van Garies en 108 km suidwes van Springbok in die provinsie Noord-Kaap. Dit is na 'n vyf meter hoë klip genoem wat na 'n sittende hond gelyk het totdat die kop deur weerlig afgeslaan is.

Hondeklipbaai is gestig om as uitvoerhawe te dien vir 'n kopermyn in Okiep.

Die kreeffabriek het ook intussen gesluit nadat die kreefbevolking drasties afgeneem het en dit nie meer kommersieel lonend was nie.

Skeepswrakke Daar is twee skeepswrakke naby die dorp: Aristea, 1945 Jahleel, 2003

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap