Goodhouse is 'n plekkie in Namakwaland, provinsie Noord-Kaap, met 'n landingstrook, op die suidelike oewer van die Oranjerivier, 60 km suidwes van Warmbad, Namibië en 60 km oos-suidoos van Vioolsdrif. Die naam is 'n volksetimologiese aanpassing van die Nama-woord Gudaos, "skaapdrif", omdat die Namas volgens oorlewering hier die rivier oorgesteek het wanneer hulle met hulle vee van Klein na Groot Namakwaland getrek het. Dit is veral bekend om die ondraaglike hoë temperature wat hier aangeteken word.
Ekonomie Landbou is die hoofbron van inkomste in die gebied, wat besproeiing noodsaaklik maak. 'n Waterpompstasie by die Oranjerivier voorsien Goodhouse en die dorpies in die omgewing van water. In die nabygeleë Kooriviervallei word veral dadels verbou.
Bilbliografie Green, Douglas G.: To the river's end. Kaapstad: Howard B. Timmins, s.j.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap