duimnael|Die Grotenburgstadion in Krefeld.

KFC Uerdingen 05 is 'n Duitse sokkerklub uit die stad Krefeld in Noord-Rynland-Wesfale. Uerdingen is 'n stadswyk van Krefeld.

In 1905 is FC Uerdingen 05 gestig. In 1953 het die klub saamgesmelt met Werkssportgruppe Bayer AG Uerdingen, die plaaslike sportklub van die chemiese maatskappy Bayer AG. Die klub se nuwe naam was FC Bayer 05 Uerdingen.

In die 1974/75-seisoen het die klub die eerste keer na die Bundesliga gepromoveer. Die klub se beste jare was egter die 1980’s: In 1985 word die Duitse beker verower deur FC Beiere München in die eindstryd te klop en in 1986 eindig die klub 3de in die Bundesliga.

In 1996 het Bayer sy borgskap onttrek en het die klub sy huidige naam aangeneem.

Die klub se finansies sien die laaste paar seisoene effe beroerd daar uit en die klub kon nie vir die 2005/06-seisoen 'n Regionalliga-lisensie bekom nie. KFC ding dus tans in die Oberliga Noord-Ryn mee.

Erelys DFB-Pokal: 1985

Onlangse ligaposisies 1963-64 (III) Amateurliga Neder-Ryn 6de 1964-65 (III) Amateurliga Neder-Ryn 10de 1965-66 (III) Amateurliga Neder-Ryn 5de 1966-67 (III) Amateurliga Neder-Ryn 2de 1967-68 (III) Amateurliga Neder-Ryn 8ste 1968-69 (III) Amateurliga Neder-Ryn 2de 1969-70 (III) Amateurliga Neder-Ryn 9de 1970-71 (III) Amateurliga Neder-Ryn 1ste 1971-72 (II) Regionalliga Wes 7de 1972-73 (II) Regionalliga Wes 3de 1973-74 (II) Regionalliga Wes 3de 1974-75 (II) 2.Bundesliga Noord 2de 1975-76 (I) Bundesliga 18de 1976-77 (II) 2.Bundesliga Noord 4de 1977-78 (II) 2.Bundesliga Noord 7de 1978-79 (II) 2.Bundesliga Noord 2de 1979-80 (I) Bundesliga 15de 1980-81 (I) Bundesliga 18de 1981-82 (II) 2.Bundesliga 12de 1982-83 (II) 2.Bundesliga 3de 1983-84 (I) Bundesliga 10de 1984-85 (I) Bundesliga 7de 1985-86 (I) Bundesliga 3de 1986-87 (I) Bundesliga 8ste 1987-88 (I) Bundesliga 11de 1988-89 (I) Bundesliga 13de1989-90 (I) Bundesliga 14de 1990-91 (I) Bundesliga 17de 1991-92 (II) 2.Bundesliga 1ste 1992-93 (I) Bundesliga 17de 1993-94 (II) 2.Bundesliga 2de 1994-95 (I) Bundesliga 15de 1995-96 (I) Bundesliga 18de 1996-97 (II) 2.Bundesliga 9de 1997-98 (II) 2.Bundesliga 13de 1998-99 (II) 2.Bundesliga 16de 1999-00 (III) Regionalliga Wes/SW 11de 2000-01 (III) Regionalliga Noord 12de 2001-02 (III) Regionalliga Noord 5de 2002-03 (III) Regionalliga Noord 10de 2003-04 (III) Regionalliga Noord 7de 2004-05 (III) Regionalliga Noord 7de (lisensie teruggetrek) 2005-06 (IV) Oberliga Noord-Ryn 11de 2006-07 (IV) Oberliga Noord-Ryn 10de 2007-08 (IV) Oberliga Noord-Ryn 13de 2008-09 (VI) Verbandsliga Niederrhein 8ste 2009-10 (VI) Verbandsliga Niederrhein 3de 2010-11 (VI) Verbandsliga Niederrhein 1ste 2011-12 (V) NRW-Liga 8ste 2012-13 (V) NRW-Liga 1ste 2013-14 (IV) Regionalliga Wes

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Regionalliga Wes 2013/14-seisoen Alemannia Aken, VfL Bochum II, Fortuna Düsseldorf II, SC Rooiwit Essen, 1. FC Keulen II, SC Fortuna Keulen, FC Viktoria Keulen, Bayer 04 Leverkusen II, SV Lippstadt 08, Sportvriende Lotte, VfL Borussia Mönchengladbach II, SC Rooiwit Oberhausen, FC Schalke 04 II, Sportvriende Siegen, KFC Uerdingen 05, SSVg Velbert, SC Verl, SG Wattenscheid 09, SC Wiedenbrück 2000

Uerdingen