GAU bring jou ook hierheen. Vir die amptelike IATA kode van die lughawe, soek na Lokpriya Gopinath Bordoloi Internasionale Lughawe
Die Hoofburo van Missiele en Artillerie van die Departement van Verdediging van die Russiese Federasie (GRAOE) (Russies: Главное ракетно-артиллерийское управление МО РФ (ГРАУ)) is 'n onderafdeling van die Russiese departement van verdediging. Dit val onder die hoof van bewapening en munisie van die Russiese weermag. (Russies: начальник вооружения ВС РФ - заместитель Министра обороны РФ).
Een van die funksies van die GRAOE is om GRAOE-indeksnommers toe te ken aan Russiese en Sowjet-wapentuig en -toebehore.
GRAOE-indeksnommers GRAOE-nommers is in die formaat <nommer> <letter> <nommer>, met 'n moontlike afsluitkode <letter> <nommer>. 'n Spesifieke kodenaam kan op die indeks volg.
Voorbeeld: «2 S 19 Msta-S», die 2S19 Msta selfaangedrewe houwitser.
Bronne ’n Indeks van alle GRAOE-indeksnommers is verkrygbaar op aviation.ru
Eksterne skakels Geskiedenis Artikel oor Russiese bomme Online vertaler Russies <--> ander taal
Kategorie:Russiese wapens