Die Republic F-84 Thunderstreak is ‘n Amerikaanse vegvliegtuig wat uit die Republic F-84 Thunderjet ontwikkel is. Anders as die Thunderjet het dit swiepvlerke gehad en was 'n nuwe ontwerp. Dit het eers bekend gestaan as model YF-84A en die eerste prototipe het sy nooiensvlug op 3 Junie 1950 voltooi. Dit is die enigste Amerikaanse vegvliegtuig wat uit 'n reguitvlerk vliegtuig ontwikkel is. Onder die Mutual Defence Assistance Program is meer as 2000 F-84's aan verskeie Europese Lugmagte verskaf om NAVO te versterk tydens die Koue Oorlog. In Amerika is die laaste Thunderstreak in 1971 uit diens onttrek.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Republic F-84F Thunderstreak: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Wright J65-W-3 turbostraal Kraglewering per motor 15 917 kg stukrag Vlerkspan 10,24 m Lengte 13,23 m Hoogte 4,39 m Vlerkoppervlakte 30,19 m2 Maksimum opstygmassa 12 701 kg Maksimum snelheid 1 118 km/h Operasionele hoogte 14 020 Togafstand 1 384 km Klimvermoë 2 257m per minuut Bewapening Ses 12.7 mm masjiengewereen tot 2,722 kg se bomme
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie