Liliputas senter|250px|Liliputas-kaas HerkomsBelvederis, distrik Jubarkas, LitaueVetgehalte50 %VormSilindries, deursnee 7,0−8,5 cmHoogte7,5−13 cmGewig400−700 gTipeHalfharde kaasOorsprongKoeimelk (gepasteuriseer) duimnael|links|Met sy kartonverpakking het Liliputas 'n gewilde aandenking geword Liliputas is 'n halfharde, handvervaardigde Litause kaas wat van gepasteuriseerde koeimelk gemaak word. Dit het 'n vars smaak, wat deur die melksuurinhoud bepaal word, en 'n sagte tekstuur. Liliputas-kaas word met 'n waslaag bedek. Die enigste vervaardiger is 'n klein kaasmakery, die oudste in Litaue, wat in Belvederis geleë is, 'n klein nedersetting aan die regteroewer van die Nemunas-rivier in die distrik Jubarkas.Baltic Review, 11 September 2018: Made in the Baltics: Lithuanian handmade semi-hard cheese "Liliputas" conquers the world. Besoek op 6 Februarie 2019
Die Europese Kommissie het Liliputas as 'n kaas van uitstekende gehalte erken. Die kaas is 'n produk van beskermde geografiese oorsprong en het 'n Iranse halal-sertifikaat verkry.
Liliputas word as versnapering geniet of as geurmiddel by 'n verskeidenheid geregte gevoeg.
Verwysings
Kategorie:Litause kaas Kategorie:Koeimelkkaas