Die jaar 1633 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 33ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 22 Junie – Galileo word veroordeel en moet sy bewerings oor die heliosentiese terugtrek. 28 November – Pous Urbanus VIII stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Benedetto Ubaldi, ouditeur van die Heilige Roomse Rota. 10 Desember – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) word goewerneur van Loreto.

Geboortes 23 Februarie – Samuel Pepys, 'n staatssekretaris in die admiraliteit van die Koninkryk van Engeland, president van die Royal Society en afgevaardigde in die Engelse Laerhuis († 1703). 14 Oktober – Jakobus II, koning van Engeland († 1701)

Sterftes 1 Oktober – Patriarg Filaret van Moskou, patriarg van Moskou (* 1553)

Kategorie:17de eeu