Reeza Hendricks (gebore 14 Augustus 1989) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat vir die Highveld Lions speel. Hy is 'n regterhandse middelorde-kolwer wat sedert 2017 vir die Suid-Afrikaanse krieketspan speel. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021, 2022 en 2024 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.

Verwysings

Eksterne skakels Reeza Hendricks by ESPNcricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense