Sint-Truiden (Limburgs: Sintruin of Sintreen, Frans: Saint-Trond) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die suidweste van die Vlaamse provinsie Limburg, aan die grens met die provinsie Vlaams-Brabant. Die munisipale gebied het 'n oppervlakte van 107 km² en sowat 39 000 inwoners (2011).

Sint-Truiden is die munisipaliteit met die grootste oppervlakte van Limburg. Die plek is in 693 deur die Heilige Trudo gestig. Hy het in Sint-Truiden 'n abdy gestig, wat nog steeds bestaan.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Sint-Truiden:Aalst, Bevingen, Brustem, Duras, Engelmanshoven, Gelinden, Gorsem, Groot-Gelmen, Halmaal, Kerkom-bij-Sint-Truiden, Kortenbos, Melveren, Ordingen, Runkelen, Sint-Truiden (stad), Velm, Wilderen en Zepperen.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (België) Kategorie:Nedersettings in Limburg (België) Kategorie:Stede in Vlaandere