Karlsruher SC is 'n sokkerklub uit die stad Karlsruhe in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland.
Die klub het op 6 Junie 1894 ontstaan as KFC Phönix, nadat ontevrede lede van die gimnastiekklub Karlsruher Turngemeinde weggebreek het. Die span was vroeg suksesvol toe dit in 1909 die Duitse kampioen geword het. In 1912 is daar met KFC Alemannia (gestig in 1897) saamgesmelt.
Na die hervorming van die Duitse sokkerstruktuur tydens die Derde Ryk, het die klub elke jaar, behalwe 1936, op die hoogste vlak in die Gauliga Baden-Württemberg meegeding. Op 16 Oktober 1952 het Phönix met VfB Mühlburg saamgesmelt, wat self 'n fusie was met VfB Karlsruhe sedert 1933. Die klub het hiermee ook sy huidige naam Karlsruher Sport Club von 1894 Mühlburg-Phönix e.V. aangeneem, wat meesal afgekort word na Karlsruher SC. In 1956 haal die span vir die eerste keer sedert 1909 die eindstryd om die nasionale titel, maar verloor teen BV Borussia Dortmund met 2-4.
In 1963 was die klub een van die oorspronklike deelnemers aan die Bundesliga.
'n Hoogtepunt in die klubgeskiedenis was toe die klub in 1994 in die tweede ronde van die UEFA-beker met 1-3 teen Valencia CF van Spanje verloor het, maar in die terugwedstryd met 7-0 gewen het! KSC het voortgegaan om ook PSV Eindhoven, Boavista FC Porto en Girondins de Bordeaux uit te skakel voordat hulle in die halfeindronde teen SV Austria Salzburg op die wegdoelreël uitgeskakel is.
Erelys Duitse sokkerkampioen 1909 DFB-Pokal 1955, 1956
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (I) Bundesliga 13de 1964-65 (I) Bundesliga 15de 1965-66 (I) Bundesliga 16de 1966-67 (I) Bundesliga 13de 1967-68 (I) Bundesliga 18de 1968-69 (II) Regionalliga Suid 1ste 1969-70 (II) Regionalliga Suid 2de 1970-71 (II) Regionalliga Suid 2de 1971-72 (II) Regionalliga Suid 5de 1972-73 (II) Regionalliga Suid 2de 1973-74 (II) Regionalliga Suid 8ste 1974-75 (II) 2.Bundesliga Suid 1ste 1975-76 (I) Bundesliga 15de 1976-77 (I) Bundesliga 16de 1977-78 (II) 2.Bundesliga Suid 7de 1978-79 (II) 2.Bundesliga Suid 5de 1979-80 (II) 2.Bundesliga Suid 2de 1980-81 (I) Bundesliga 10de 1981-82 (I) Bundesliga 14de 1982-83 (I) Bundesliga 17de 1984-85 (I) Bundesliga 10de 1985-86 (II) 2.Bundesliga 7de 1986-87 (II) 2.Bundesliga 2de 1987-88 (I) Bundesliga 10de 1988-89 (I) Bundesliga 10de 1989-90 (I) Bundesliga 10de 1990-91 (I) Bundesliga 13de 1991-92 (I) Bundesliga 8ste 1992-93 (I) Bundesliga 6de 1993-94 (I) Bundesliga 6de 1994-95 (I) Bundesliga 8ste 1995-96 (I) Bundesliga 7de 1996-97 (I) Bundesliga 6de 1997-98 (I) Bundesliga 16de 1998-99 (II) 2.Bundesliga 5de 1999-00 (II) 2.Bundesliga 18de 2000-01 (III) Regionalliga Suid 1ste 2001-02 (II) 2.Bundesliga 13de 2002-03 (II) 2.Bundesliga 13de 2003-04 (II) 2.Bundesliga 14de 2004-05 (II) 2.Bundesliga 11de 2005-06 (II) 2.Bundesliga 6de 2006-07 (II) 2.Bundesliga 1ste 2007-08 (I) Bundesliga 11de 2008-09 (I) Bundesliga 17de 2009-10 (II) 2.Bundesliga 10de 2010-11 (II) 2.Bundesliga 15de 2011-12 (II) 2.Bundesliga 16de 2012-13 (III) 3.Liga 1ste 2013-14 (II) 2.Bundesliga 5de 2014-15 (II) 2.Bundesliga 3de 2015-16 (II) 2.Bundesliga 7de 2016-17 (II) 2.Bundesliga 18de 2017-18 (III) 3.Liga 3de 2018-19 (III) 3.Liga 2de 2019-20 (II) 2.Bundesliga 15de 2020-21 (II) 2.Bundesliga
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
2. Bundesliga 2010/11-seisoen FC Augsburg - TSV 1860 München - FC Erzgebirge Aue - Karlsruher SC - MSV Duisburg - VfL Osnabrück - Hertha BSC Berlyn - 1. FC Union Berlyn - SpVgg Greuther Fürth - DSC Arminia Bielefeld - VfL Bochum - FC Energie Cottbus - Fortuna Düsseldorf - FC Ingolstadt 04 - SC Rooiwit Oberhausen - FSV Frankfurt - SC Paderborn 07 - Alemannia Aken
Karlsruher