Die jaar 1623 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 23ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure Die eerste werkende duikboot is ontwerp vir Jakobus I van Engeland, deur die Hollander Cornelius Drebbel. 20 Maart – Pous Gregorius XV publiseer sy bul Omnipotentis Dei teen towenaars en hekse. 6 Augustus – Pous Urbanus VIII volg Pous Gregorius XV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 29 September – Pous Urbanus VIII word gekroon deur kardinaal Alessandro d'Este. 2 Oktober – Pous Urbanus VIII stel sy neef Francesco Barberini senior aan as kardinaal.
Geboortes 19 Junie – Blaise Pascal 'n Franse wiskundige, fisikus, en godsdienstige filosoof († 1662). Onbekend – Cornelis van Quaelbergen, derde kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop († 1687).
Sterftes 19 Mei – Mariam-uz-Zamani, keiserin van die Mogolryk (* 1542) 6 Julie – Pous Gregorius XV, die 234ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1554). 14 Julie – William Byrd, Engelse komponis (* 1540 of 1543) Onbekend – Toelsidas, 'n groot Awadhi volgeling, filosoof, komponis en outeur (* 1532)
Kategorie:17de eeu