Die jaar 1626 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 26ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 19 Januarie – Pous Urbanus VIII stel vyftien nuwe kardinale aan, waaronder Berlinghiero Gessi, biskop van Rimini. 19 Januarie – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word titulêr patriarg van Antiogië. 30 Mei – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word pouslike nuntius in Spanje. 30 Augustus – Pous Urbanus VIII stel agt nuwe kardinale aan, waaronder Giambattista Pamphili (later Pous Innocentius X).

Geboortes Onbekend – Jan Steen, Nederlandse skilder uit die Goue Eeu († 1679) 3 Julie – Abadin Tadia Tjoessoep, Indonesiese Moslem van adellike afkoms wat Islam in die Kaap gevestig het († 1699).

Sterftes 19 Januarie – Ruqaiya Sultan Begum, keiserin van die Mogolryk (* 1542) 9 April – Francis Bacon, Britse staatsman, filosoof, wetenskaplike en skrywer (* 1561) 30 Oktober – Willebrord Snellius, Nederlandse wiskundige en sterrekundige (* 1580) 29 November – Ernst von Mansfeld, Rooms Katolieke huursoldaat wat vir die Protestantse saak geveg het (* 1580)

Kategorie:17de eeu