Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Karakalpakke.
Karakalpaks (Qaraqalpaq tili, Қарақалпақ тили, قاراقالپاق تىلى) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 584 670 mense in Oesbekistan, Kasakstan en Turkmenistan gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide taal van Oesbekistan naas Oesbekies en vorm die amptelike taal van die outonome republiek Karakalpakië in Oesbekistan. Karakalpaks is nou verwant aan Kasaks en Kirgisies. Die naam Qaraqalpaq is afgelei van twee woorde: qara beteken "swart" en qalpaq "hoed"; Karakalpak beteken dus "swart hoed" en verwys na die Karakalpakke se tradisionele hoofbedekking. Heinz-Gerhard Zimpel: Lexikon der Weltbevölkerung, Artikel „Karakalpaken“, bl. 259
duimnael|links|Etniese kaart van Sentraal-Asië duimnael|links|'n Fotolaboratorium in Nukus – met 'n bordjie in Karakalpaks wat die Latynse alfabet gebruik In 1924 het Karakalpaks 'n aparte skriftaal met 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet geword. Maar reeds in 1927 is dit deur die "eenvormige Turkse alfabet" vervang. Met die instelling van 'n algemene Russiesonderwys is dit weer deur die Cyrilliese alfabet vervang. Na die verbrokkeling van die Sowjetunie aan die begin van die 1990's het die regerings van die Sentraal-Asiatiese lande met Turkiese tale die amptelike gebruik van die nuwe Turks-Latynse alfabet besluit. Die weergawe vir Karakalpaks is in 1997 bekendgestel, maar gebruik in teenstelling met Turks nie die algemene diakritiese tekens nie en stem ooreen met dié weergawe vir Oesbeks. Birgit N. Schlyter Language Policies in Present-Day Central Asia // International Journal on Multicultural Societies. — UNESCO, 2001. — Fasc. Vol. 3, No. 2. — bl. 130. — ISSN 1817-4574.
Alfabette Cyrilliese alfabet А а Ә ә Б б В в Г г Ғ ғ Д д Е е Ё ё Ж ж З з И и Й й К к Қ қ Л л М м Н н Ң ң О о Ө ө П п Р р С с Т т У у Ү ү Ў ў Ф ф Х х Ҳ ҳ Ц ц Ч ч Ш ш Щ щ Ъ ъ Ы ы Ь ь Э э Ю ю Я я
Latynse alfabet А а B b C c D d Е е F f G g H h I i J j K k L l М m N n О о P p Q q R r S s Т t U u V v W w X x Y y Z z Á á Ó ó Í ı Ú ú Ǵ ǵ Ń ń Sh sh Ch ch
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Karakalpakië Kategorie:Tale van Kasakstan Kategorie:Tale van Oesbekistan Kategorie:Tale van Turkmenistan Kategorie:Turkiese tale