Die Supermarine Scimitar is die Britse Vloot se eerste swiepvlerk- en ook hul eerste vliegtuig wat 'n atoombom kon dra. Die vliegtuig was veelsyding; dit kon gebruik word vir lae-hoogte bombardering, hoë-hoogte aanvalle met lug-tot-lug missiele asook langtog verkennings togte. Die vliegtuig was 'n groot sprong vorentoe met vergelyking tot die Hawker Sea Hawk wat dit vervang het. Die eerste Eskader wat toegerus is met die Scimitar is die 803 Eskader, wat gestig is in Junie 1958. Alhoewel slegs 76 van die vliegtuie geboue is, was dit vir 'n geruime tyd die Britse Vloot se lugvuis tot hulle onttrekking in 1969.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Supermarine Scimitar F.1: Item Statistiek Aantal motore 2 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Rolls-Royce Avon 202 turbostraal. Kraglewering per motor 5 105 stukrag Vlerkspan 11,33 m Lengte 16,87 m Hoogte 5,28 m Vlerkoppervlakte 45,06 m2 Maks. opstygmassa 15 513 kg Maks. snelheid 1 143 km/h Operasionele hoogte 14 020 m Togafstand 2 288 km Klimvermoë 3 660 m per minuut Bewapening Vier 30.0 mm kanonne en hegpunte onder vlerke vir 96 lug-tot-lug vuurpyle.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie