Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Karakalpaks.
Die Karakalpakke (Karakalpaks: Qaraqalpaqlar, Қарақалпақлар, قاراقلپقلر) vorm die tweede grootste Turkiese etniese groep in Oesbekistan naas die Oesbeke. Hulle vorm die titulêre nasie van Karakalpakië, 'n outonome republiek in Oesbekistan, en praat Karakalpaks, 'n Turkiese taal, as moedertaal. Die naam Qaraqalpaq is afgelei van twee woorde: qara beteken "swart" en qalpaq "hoed"; Karakalpak beteken dus "swart hoed" en verwys na die Karakalpakke se tradisionele hoofbedekking. Heinz-Gerhard Zimpel: Lexikon der Weltbevölkerung, Artikel „Karakalpaken“, bl. 259
duimnael|links|Etniese kaart van Sentraal-Asië duimnael|links|Karakalpakse nomade in 1932 Sedert die 16de eeu is Karakalpakke langs die Sirdarja se rivierloop as veeboere bevestig. Klett Verlag: TaschenAtlas Völker und Sprachen, bl. 106 Tydens die 18de eeu het die Karakalpakke hulle langs die Amoedarja se (voormalige) monding in die Aralmeer gevestig. Wêreldwyd leef tans omtrent 620 000 Karakalpakke, waarvan sowat 500 000 outonome Republiek Karakalpakië van Oesbekistan bly. Hulle is nes ander Turkiese volke van Sentraal-Asië aanhangers van die Soennitiese Islam. Roland Götz und Uwe Halbach: Politisches Lexikon GUS, bl. 295
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Karakalpakië Kategorie:Etniese groepe in Kasakstan Kategorie:Etniese groepe in Oesbekistan Kategorie:Etniese groepe in Rusland Kategorie:Etniese groepe in Turkmenistan Kategorie:Turkiese volke