Auvergnat (Oksitaans: Auvernhat) is een van verskeie dialekte van die Oksitaanse taal wat in die historiese Franse provinsie Auvergne in die noordelike deel van Oksitanië gepraat word. Oksitanië is die suidelike derde van Frankryk, 'n historiese streek waar Oksitaans steeds gepraat word.

Die dialek het wêreld bekendheid verwerf deur die volksliedjies van Joseph Canteloube.

Subdialekte Volgens Pierre Bonnaud, kan die volgende subdialekte waargeneem word:

Clermontois - gepraat in die Clermont Auvergne Metropole Sanflorain - gepraat in die Saint Flour gebied Paulinois

Die volgende oorgangsdialekte kan ook waargeneem word:

Mediaan Auvergnat Auverno-Bourbonnais - wat oorgaan tot Bourbonnais en vanaf die Colettes woud tot Vichy gepraat word. Berg Bourbonnais - wat beïnvloed word deur Frans en Arpitaans

Yssingais - wat oorgaan tot Vivaro-Alpyn en rondom Yssingeaux gepraat word. Sud Iointain - wat oorgaan tot Languedoksies.

Verwysings

Eksterne skakels Ethnologue verslag oor Auvergnat

Kategorie:Auvergne Kategorie:Limousin Kategorie:Oksitaanse tale Kategorie:Tale van Frankryk