Stratford-upon-Avon is 'n dorp geleë aan die oewer van die Avon-rivier in Suid-Warwickshire, Engeland. Die dorp het 'n bevolking van 25 505 in 2007 gehad.
Die dorp is die geboorte- en sterfteplek van William Shakespeare en is vanweë hierdie konneksie 'n gewilde toeristebestemming en ontvang ongeveer drie miljoen besoekers per jaar van reg oor die wêreld.
Die plaaslike distrik is na die dorp vernoem, maar lui egter Stratford-on-Avon. Die dorp is plaaslik bekend as slegs Stratford, maar dit skep wel verwarring met die Stratford-area wat in Londen geleë is.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Warwickshire