'n Dwergplaneet is 'n klein voorwerp met die massa van 'n planeet wat regstreeks om die Son wentel; dit is kleiner as enige van die agt klassieke planete, maar steeds 'n wêreld uit eie reg. Die prototipiese dwergplaneet is Pluto. Voorwerpe wat groot genoeg is om ander voorwerpe in die omgewing van hul wentelbaan uit die weg te ruim, word as "planete" gedefinieer, terwyl dié wat te klein is om ’n hidrostatiese ewewigsvorm aan te neem as "klein Sonnestelselliggame" gedefinieer word. Dwergplanete lê tussenin. Planetêre geoloë stel in hulle belang omdat hulle geologies aktiewe liggame kan wees, 'n kwessie wat aan die lig gebring is in 2015 met die Dawn-sending na en die New Horizons-sending na Pluto.

Sterrekundiges stem oor die algemeen saam dat minstens die grootste nege kandidate dwergplanete is: Pluto, , , , , , , Ceres en . Van hulle en die tiende grootste kandidaat, , is almal buiten Sedna óf deur ruimtetuie besoek (Pluto en Ceres) óf hulle het minstens een maan (Pluto, Eris, Haumea, Makemake, Gonggong, Quaoar, Orcus en Salacia), wat toelaat dat hulle massa en geraamde digtheid bereken kan word. Massa en digtheid kan weer in geologiese modelle gepas word in 'n poging om die aard van die wêrelde te bepaal. Sommige sterrekundiges sluit kleiner liggame ook in,"Dwarf planets are planets, too: Planetary pedagogy after New Horizons. maar daar is geen konsensus dat hulle waarskynlik dwergplanete is nie.

Die term "dwergplaneet" is uitgedink deur die planetêre wetenskaplike Alan Stern as deel van 'n drieledige klassifikasie van voorwerpe in die Sonnestelsel met 'n planetêre massa: klassieke planete, dwergplanete en satellietplanete. Die term is dus geskep met die idee dat 'n dwergplaneet 'n soort planeet is. Die Internasionale Sterrekundige Vereniging (IAU) het dit in 2006 egter as 'n subkategorie aanvaar, deel van die IAU se drieledige herklassifikasie van liggame wat om die Son wentel: planete, dwergplanete en klein Sonnestelselliggame.

Stern en ander planetêre geoloë beskou dwergplanete en groot mane dus as planete, maar sedert 2006 sluit die IAU en dalk die meeste ander sterrekundiges hulle uit van die lys planete.

Geskiedenis van die begrip thumb|220px|Pluto en sy maan Charon. thumb|220px|4 Vesta, 'n asteroïde wat eens 'n dwergplaneet was. Sien Voormalige dwergplanete.

Van 1801 af het sterrekundiges Ceres en ander liggame tussen Mars en Jupiter ontdek wat jare lank as planete beskou is. Van omstreeks 1851 was daar al 23 planete, en sterrekundiges het onder hulle die woord asteroïde vir die kleiner liggame begin gebruik om hulle as "kleinplanete" te onderskei van "groot planete".

Met die ontdekking van Pluto in 1930 het die meeste sterrekundiges geglo die Sonnestelsel het nege groot planete en duisende aansienlik kleiner liggame (asteroïdes en komete). Byna 50 jaar lank is geglo Pluto is groter as Mercurius, maar met die ontdekking van Pluto se maan Charon in 1978 het dit moontlik geword om Pluto se massa akkuraat te meet en te bepaal dit is heelwat kleiner as wat aanvanklik geglo is.

Pluto is rofweg 'n 20ste van Mercurius se massa, wat dit die kleinste planeet gemaak het. Hoewel dit steeds meer as 10 keer so swaar is as die grootste voorwerp in die asteroïdegordel, Ceres, is sy massa net 'n vyfde van die Maan s'n. Dit het ook ongewone eienskappe, soos 'n groot eksentrisiteit en baanhelling, en dit het gou duidelik geword dit verskil grootliks van die ander planete.

In die 1990's het sterrekundiges nog voorwerpe in Pluto se omgewing begin ontdek (in wat nou as die Kuipergordel bekend is) en ander selfs verder. Baie van hulle het Pluto se belangrikste wenteleienskappe gedeel, en daar is na Pluto begin kyk as die grootste lid van 'n nuwe klas voorwerpe, die plutino's. Dit het duidelik geword die grootste van dié liggaame sou ook as planete geklassifiseer moes word of andersins sou Pluto herklassifiseer moes word, nes Ceres herklassifiseer is ná die ontdekking van nog asteroïdes.

Dit het daartoe gelei dat baie sterrekundiges nie meer na Pluto as 'n planeet verwys het nie. Verskeie terme soos "subplaneet" en "planetoïed" is gebruik om te verwys na wat nou as dwergplanete bekend is. Sterrekundiges was ook vol vertroue dat nog voorwerpe so groot soos Pluto ontdek sou word, en die getal planete sou dan aanhou groei as Pluto een bly.

Eris (toe bekend as ) is in Januarie 2005 ontdek.California Institute of Technology, Besoek op 4-12-2015 Daar is geglo dit is effens groter as Pluto en sommige verslae het informeel daarna verwys as "die 10de planeet". As gevolg hiervan het 'n intense debat tydens die IAU se algemene vergadering in Augustus 2006 ontstaan oor die definisie van 'n planeet. Die IAU se aanvanklike voorstel het Charon, Eris en Ceres op die lys planete ingesluit. Nadat baie sterrekundiges beswaar aangeteken het, is 'n alternatiewe lys opgestel deur die sterrekundiges Julio Ángel Fernández en Gonzalo Tancredi van Uruguay. Hulle het 'n tussenin-kategorie voorgestel vir voorwerpe wat groot genoeg is om rond te wees, maar nie hulle wentelbaan van planetesimale skoongevee het nie.

Definisie Die volgende definisie van 'n dwergplaneet is aanvaar: Dit wentel om die Son. Dit besit voldoende massa dat sy eie swaartekrag rigiede liggaamskragte oorwin en die liggaam in ’n hidrostatiese ewewigsvorm (’n amper sferiese vorm) druk. Dit is nie in staat om ander voorwerpe in die omgewing van sy wentelbaan uit die weg te ruim nie. Dit is nie ’n natuurlike satelliet (maan) nie.

’n Dwergplaneet is dus ’n hemelliggaam met die massa van ’n planeet, maar wat nie aan al die vereistes vir ’n planeet voldoen nie en nie ’n maan is nie. Benewens Charon is ook Pluto, Ceres en Eris van die lys geskrap, want hulle het nie hulle wentelbane skoongevee nie. Hoewel die klassifikasie van planete om ander sterre aangeraak is, Draft Resolution 5 for GA-XXVI: Definition of a Planet op die IAU se webtuiste. is die saak nie opgelos nie; daar is voorgestel dit word weer geopper wanneer dwergplaneetgrootte-voorwerpe om ander sterre opgespoor word.

Pas nadat die IAU die definisie vir 'n dwergplaneet opgestel het, het sommige wetenskaplike gesê hulle stem nie saam nie. Veldtogte is met onder meer bufferplakkers en T-hemde gevoer. Mike Brown, die ontdekker van Eris, stem saam met die vermindering van die getal planete tot agt. Nasa het in 2006 aangekondig hulle sal hulle neerlê by die nuwe riglyne van die IAU.

Alan Stern, die direkteur van Nasa se sending na Pluto, het die IAU se definisie van 'n planeet verwerp – beide wat betref die definisie van 'n dwergplaneet as iets anders as 'n planeet en die gebruik van wenteleienskappe (eerder as intrinsieke eienskappe) om hulle as dwergplanete te definieer. Hy het dus in 2011 en daarna na Pluto as 'n planeet bly verwys en het boonop al die ander moontlike dwergplanete soos Ceres en Eris, asook die grootste mane, as planete erken. 'n Paar jaar voor die IAU-definisie het hy wenteleienskappe gebruik om 'n onderskeid te tref tussen "überplanete" (die agt hoofplanete) en "unterplanete" (die dwergplanete). Hy het albei as planete beskou.

Naam duimnael|320px|Die Eulerdiagram wys die beskouing van die IAU se uitvoerende komitee van die soorte liggame in die Sonnestelsel (buiten die Son).

Name vir groter subplanetêre liggame sluit in "dwergplaneet", "planetoïed", "mesoplaneet", "kwasiplaneet" en in die streek anderkant Neptunus "plutoïed". "Dwergplaneet" is egter oorspronklik voorgestel as 'n term vir die kleinste planete en nie die grootste subplanete nie, en baie planetêre sterrekundiges gebruik dit nog so.

Alan Stern het die term "dwergplaneet" geskep na analogie van die term "dwergster", as 'n soort planeet in 'n drieledige klassifikasie. Die IAU het besluit dwergplanete moet nie as planete beskou word nie, maar het Stern se term vir hulle behou. Ander terme vir die IAU-definisie van die grootste subplanetêre liggame wat nie sulke teenstrydige verbindings of gebruike het nie, sluit in "kwasiplaneet" en die ouer term "planetoïed" ("met die vorm van 'n planeet"). Michael E. Brown het gesê "planetoïed" is 'n "perfekte woord" wat al jare lank vir sulke liggame gebruik word; die gebruik van die woord "dwergplaneet" vir 'n nieplaneet is "dom", maar dit is gemotiveer deur 'n poging van die IAU se volle sitting om Pluto weer as 'n planeet in te stel in 'n tweede resolusie.

Die eerste resolusie, 5A, het inderdaad die term "planetoïed" gebruik, maar die volle sitting het eenparig besluit om die naam na "dwergplaneet" te verander. In die tweede resolusie, 5B, word "dwergplaneet" gedefinieer as 'n subtipe planeet, nes Stern dit oorspronklik beplan het, om dit te onderskei van die agt ander planete wat "klassieke planete" genoem is. Hiervolgens kon die 12 planete van die afgekeurde voorstel opgedeel word in agt "klassieke planete" en vier "dwergplanete". Resolusie 5B is egter afgekeur in dieselfde sessie as waarin 5A goedgekeur is.

Kriteria Die kategorie "dwergplaneet" het ontstaan uit 'n konflik tussen dinamiese en geofisiese idees van wat 'n planeet behoort te wees. In terme van die dinamika van die Sonnestelsel, is die grootste verskil tussen liggame wat met hulle swaartekrag hulle omgewing oorheers (Mercurius tot Neptunus) en dié wat dit nie doen nie (soos die asteroïdes en Kuipergordelvoorwerpe). 'n Hemelliggaam kan egter 'n dinamiese (planetêre) geologie hê omdat hy die nodige massa het dat sy mantel plasties word onder sy eie gewig, wat tot gevolg het dat die liggaam 'n ronde vorm verkry. Omdat dit 'n veel laer massa vereis as om sy omgewing naby sy wentelbaan met sy swaartekrag te oorheers, is daar voorwerpe wat swaar genoeg is om 'n wêreldlike voorkoms en planetêre geologie te hê, maar nie swaar genoeg om sy wentelbaan skoon te vee nie. Voorbeelde is Ceres in die asteroïdegordel en Pluto in die Kuipergordel.

Voorstanders van dinamika verkies gewoonlik swaartekragoorheersing as die drempel vir planete, omdat kleiner liggame uit hulle perspektief beter met hulle bure gegroepeer word, byvoorbeeld Ceres as 'n groot asteroïde en Pluto as 'n groot Kuipergordelvoorwerp.Mike Brown, The Eight PlanetsDavid Jewitt, Classification of Pluto

Geowetenskaplikes verkies rondheid as die drempel, want uit hulle perspektief maak die interne geologie van 'n liggaam soos Ceres dit soortgelyk aan 'n klassieke planeet soos Mars, eerder as aan 'n klein asteroïde wat geen interne geologie het nie. Dit het die skepping van 'n kategorie van "dwergplanete" genoodsaak om hierdie tussenin-klas te beskryf.Emily Lakdawalla et al., What Is A Planet? The Planetary Society, 21 April 2020

Dwergplanete en moontlike dwergplanete duimnael|upright=1.5|’n Illustrasie van die relatiewe groottes, albedo's en kleure van die grootste trans-Neptunus-voorwerpe. Daar is geen duidelike definisie van wat 'n dwergplaneet is nie. Individuele sterrekundiges vertolk dit op verskillende maniere. Dit is dus onbekend hoeveel dwergplanete daar in die Sonnestelsel is.

Die drie voorwerpe wat as dwergplanete oorweeg is tydens die debatte wat gelei het tot die IAU se besluit in 2006 om die kategorie dwergplanete te aanvaar – Ceres, Pluto en Eris – word algemeen as dwergplanete aanvaar, ook deur dié sterrekundiges wat dwergplanete steeds as planete klassifiseer. Net een van hulle – Pluto – is in genoeg besonderhede waargeneem om te bevestig dat dit in hidrostatiese ewewig is. Ceres is naby ewewig, maar 'n paar swaartekragafwykings kan steeds nie verduidelik word nie. Eris word algemeen as 'n dwergplaneet aanvaar omdat dit 'n groter massa as Pluto het.

In die volgorde waarin hulle ontdek is, is hulle:

Ceres 16px|Ceres – ontdek op 1 Januarie 1801, 45 jaar voor Neptunus. Is ’n halfeeu lank as ’n planeet beskou voordat dit as ’n asteroïde geklassifiseer is. Is op 13 September 2006 deur die IAU as ’n dwergplaneet erken. Pluto 16px|Pluto – ontdek op 18 Februarie 1930. Vir 76 jaar as ’n planeet geklassifiseer. Is op 24 Agustus 2006 as ’n dwergplaneet herklassifiseer.