Die nasionale vlag van die Republiek China, algemeen bekend as die vlag van Taiwan (of die Blou lug, wit son en geheel rooi grond), is op 1 Januarie 1928 deur die Republiek China aanvaar en op 25 Oktober 1949 deur die Republiek China op Taiwan. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n blou skildhoek waarop ’n wit son met twaalf strale gesentreer is. Die skyf en driehoeke simboliseer die son en die sonstrale wat daaruit voortvloei.

Die vlag is oorspronklik in 1895 deur die Anti-Qing-groepering, die “Herleef China Geselskap” ontwerp en die rooi baan is in 1906 deur Sun Yat-sen ná sy toespraak bygevoeg. Die vlag is in 1912 vir die eerste keer as die Vlootvlag op die Chinese vasteland gebruik, Amptelike gaset van die Vlootdepartement van die Republiek China, Julie 1912, bl. 344, pdf , Nasionale Sentrale Biblioteek – Aanlyngaset en is in 1928 deur die Kuomintang (KMT) tot die amptelike nasionale vlag van die Republiek China verklaar; dit is ook van 1943 tot 1945 deur die Japannees-gesteunde Republiek China gebruik. Dit is vasgelê in artikel ses van die Grondwet van die Republiek China toe dit in 1947 gepromulgeer is. Die vlag word nie meer op die Chinese vasteland gebruik nie weens die Republiek China se nederlaag in die Chinese Burgeroorlog en die Volksrepubliek China se stigting in 1949. Sedertdien word die vlag in die “Taiwannese gebied” van die Republiek China gebruik.

Aangesien die eilande van Taiwan en Penghu tot 1945 onder Japannese beheer was, is die vlag eers in 1945 aldaar gebruik toe die Republiek China beheer verkry het. Die vlag word nou oorwegend gebruik in Taiwan, Penghu, Kinmen, Matsu en ander afgeleë eilande waarheen die Republiek China verplaas is nadat hulle in 1949 tydens die Chinese Burgeroorlog verslaan is. Op die Chinese vasteland is die vlag steeds sigbaar in geskiedkundige museums en by militêre begraafplase, maar andersins bly sy gebruik onwettig weens sy geskiedenis as ’n kenteken van opposisie teen kommunisme. Sommige ondersteuners van ’n Taiwannese onafhanklikheid verwerp die vlag weens sy konneksie met Chinese nasionalisme en as ’n uitdrukking van opposisie teenoor die Kuomintang, alhoewel ondersteuners van die Demokratiese Progressiewe Party en sy leiers die huidige vlag steeds gebruik, beide plaaslik en oorsee.

Geskiedenis duimnael|links|Die “Vyfkleurvlag” tydens die Xinhei-rewolusie in Shanghai, 1911 duimnael|links|Die “18-stervlag” van die Hubei-rebelle in 1911 duimnael|links|Die vlag in Hongkong tydens die Bevrydingsdag in 1945 Die eerste nasionale vlag van Taiwan is vir die eerste maal in 1663 gedurende die Koninkryk Tungning gebruik. Dit was ’n eenvoudige wit vlag met die karakter “鄭” (zhèng) in ’n rooi sirkel in die middel van die wit vlag. Die vlag van die Qing-dinastie is ook van 1683 tot 1895 gebruik toe die Republiek van Formosa uitgeroep is. Die vlag van Formosa het ’n tier op ’n eenvoudige blou met asuurwolke daaronder bevat.

Die skildhoek het sy oorsprong in die “Blou-lug-en-wit-son”-vlag (青天白日旗; qīngtiān báirì qí) wat deur Lu Haodong, ’n martelaar van die eerste Guangzhou-opstand in 1895, ontwerp is. Hy het sy ontwerp, wat die rewolusionêre weermag sou verteenwoordig, op 21 Februarie 1895 by die stigting van die “Herleef China Geselskap”, ’n Anti-Qing-groepering in Hongkong voorgestel. Die twaalf strale van die wit son stel die twaalf maande van en die twaalf tradisionele shichen ( 時辰), ’n tradisionele tydeenheid wat gelykstaande aan twee uur is, voor. Hierdie ontwerp het later die Kuomintang-partyvlag en die wapen van die Republiek China geword. Die twaalf strale van die wit son stel die twaalf maande van en die twaalf tradisionele shichen ( 時辰), ’n tradisionele tydeenheid wat gelykstaande aan twee uur is, voor. Hierdie ontwerp het later die Kuomintang-partyvlag en die wapen van die Republiek China geword. Die “rooi grond”-deel is in winter 1906 deur Sun Yat-sen toegevoeg om die gestorte bloed van die rewolusionêre magte wat hul lewens geoffer het om die Qing-dinastie omver te werp en die Republiek China op te rig, voor te stel, waarmee die vlag sy huidige ontwerp bekom het. Volgens George Yeo, ’n voormalige Singapoerse minister van buitelandse sake, is destyds die “Blou-lug-en-wit-son”-vlag by Sun Yat-sen se villa, nou die Sun Yat Sen Nanyang-gedenksaal in Singapoer, deur Teo Eng Hock en sy vrou toegewerk.

Tydens die Xinhai-rewolusie in 1911, wat tot die oprigting van die Republiek China gelei het, het die verskillende rewolusionêre leërs het verskeie vlae gebruik. Lu Hao-tung se “Blou-lug-en-wit-son”-vlag is in die provinsies Guangdong, Guangxi, Yunnan en Guizhou gebruik. In Jiujiang is tydens ’n vlootopstand op skepe die “Blou-lug-wit-son-en-rooi-grond”-vlag gebruik. In Wuhan is ’n vlag met 18 geel sterre gebruik om die 18 administratiewe streke tydens die Wuchang-opstand te verteenwoordig. In Shanghai en Noord-China is ’n “Vyfkleurvlag” (五色旗; wǔ sè qí; “Vyf-rasse-onder-een-unie”-vag) met vyf horisontale gebruik wat die vyf grootste etniese groepe van China verteenwoordig het: die Han (rooi), die Mantsjoes (geel), die Mongole (blou), die Hui (wit) en die Tibettane (swart).

Gedurende die Japannese oorheersing van Taiwan (1895 tot 1945) is die vlag van Japan op die eiland gebruik. Terselfdertyd is die “Vyfkleurvlag” deur die voorlopige senaat van die regering van die Republiek China wat op 1 Januarie 1912 gestig is, as nasionale vlag gekies. Die “18-stervlag” is deur die weermag aanvaar en die moderne vlag is as ’n vlootvaandel aanvaar. Sun Yat-sen het egter nie die vyfkleurvlag as geskik geag nie en het geredeneer dat die horisontale orde ’n hiërargie of klassestelsel veronderstel het wat gedurende die dinastiese tyd gegeld het.

Nadat president Yuan Shikai in 1913 diktatoriale magte aangeneem het deur die Nasionale Vergadering te ontbind en die Kuomintang verbied het, het Sun Yat-sen in Tokio ’n regering in ballingskap gestig en die huidige vlag as die nasionale vlag van die Republiek China ingestel. Hy het voorgegaan om dié ontwerp te gebruik toe die Kuomintang in 1917 ’n teenregering Guangzhou gestig het. Die moderne vlag is met die “Wet op die nasionale vlag en embleem van die Republiek China” (中華民國國徽國旗法; Zhōnghuá Mínguó guóhuī guóqífǎ) op 17 Desember 1928 amptelik in gebruik geneem, nadat die suksesvolle Noordelike Ekspedisie die Beiyang-regering omvergewerp het, hoewel plaaslike inwoners die “Vyfkleurvlag” in ’n nieamptelike hoedanigheid aanhou gebruik het. Een rede vir dié teenstrydigheid in gebruik was gegrond in aanhoudende streeksvooroordele deur amptenare en burgers van Noord-China, wie ten gunste was van die “Vyfkleurvlag”, teen Suiderlinge soos die Kantonees/Hakka Sun Yat-sen.

Tydens die Tweede Chinees-Japannese Oorlog het die invallende Japanners verskeie vasalstate gestig wat verskillende vlagontwerpe gebruik het. Die “Hervormde Regering” is in Maart 1938 in Nanjing gestig om die verskeie marionetregerings wat die Vyfkleurvlag gebruik het, te konsolideer. Toe Wang Jingwei in 1940 die deur die Japanners in Nanjing ingestelde regering sou oorneem, het hy geëis om die huidige vlag te gebruik as ’n teken om die aanspraak van die Nasionaistiese Regering in Chongqing onder Chiang Kai-shek uit te daag en homself as die regmatige opvolger van Sun Yat-sen te posisioneer. Die Japanners het egter voorkeur gegee aan die “Vyfkleurvlag”. As ’n kompromis het die Japanners voorgestel om ’n driehoekige geel wimpel bo-op te voeg met die leuse “Vrede, Antikommunisme, Nasionale Konstruksie” (和平反共建國; Hépíng fǎngòng jiàn guó) in swart, maar dit is deur Wang verwerp. Uiteindelik het Wang en die Japanners ooreengekom dat die geel banier slegs buite gebruik word, tot die banier in 1943 verwyder is, waarvolgens twee mededingende regerings, wat elkeen beweer het dat hulle die wettige Nasionalistiese regering van China was, dieselfde vlag gebruik het.

Die nasionale vlag is gespesifiseer in Artikel Ses van die 1947-grondwet van die Republiek China. Die vlag is ook tot in 1949 in Kommunisties-regerde gebiede gebruik. Ná die Chinese Burgeroorlog in 1949 het die regering van Chiang Kai-shek die soewereine onafhanklike land van die Republiek China na die eiland van Taiwan verskuif. Op die Chinese vasteland het die kommunistiese magte van Mao Zedong die Volksrepubliek China uitgeroep wat sy eie nasionale vlag in gebruik geneem het. Op 23 Oktober 1954 is die “Wet op die Nasionale Embleem en Nasionale Vlag van die Republiek China” (中華民國|國徽|國旗法) deur die wetgewende Yuan gepromulgeer om die grootte, mates, verhouding, vervaardiging en bestuur van die vlag te spesifiseer.

Vorige vlae

Simboliek duimnael|’n Wapperende vlag van die Republiek China Die “Blou-lug-en-wit-son”-vlag deur Lu Haodong is in Februarie 1895 in Hongkong voorgestel. Die twaalf strale van die wit son stel die twaalf maande van en die twaalf tradisionele shichen ( 時辰), ’n tradisionele tydeenheid wat gelykstaande aan twee uur is, voor. Die “rooi grond”-deel is in winter 1906 deur Sun Yat-sen bygevoeg om die gestorte bloed van die rewolusionêre magte wat hul lewens geoffer het om die Qing-dinastie omver te werp en die Republiek China op te rig, voor te stel. Die drie kleure tesame stem ooreen met die Drie Beginsels van die Volk: blou stel nasionalisme en vryheid voor, wit stel demokrasie en gelykheid voor en rooi stel die volk se lewensbestaan en broederskap voor. President Chiang Kai-shek het op die Nasionale Dag in 1929 verklaar dat “so lank as die nasionale vlag met die blou lug, wit son en rooi grond oor die Chinese grond wapper, dit die onafhanklikheid en vryheid nakomelinge van die Huang-keiser sal simboliseer”.

Die blou-en-wit skildhoek word dikwels as partyvlag van die Kuomintang gebruik. Die vlag het bykomende simboliek ontwikkel weens die unieke en opspraakwekkende politieke status van Taiwan. Op een vlak verteenwoordig die vlag ’n duidelike simbool dat Taiwan nie deur dieselfde regering as die Volksrepubliek China geregeer word nie omdat hierdie vlag duidelik verskil van dié van die Volksrepubliek China.

Omdat die vlag voorheen regoor China gebruik is, het dit intussen ’n simbool geword van ’n voortsetting van die ideale van die Chinese nasionalisme en bewegings wat hulle vir Chinese hereniging beywer. Dit het ook ’n simbool geword van ’n historiese en huidige verbintenis met China. Daarbenewens is die vlag afgelei van die seël van die Kuomintang en die kleur van die skildhoek word ook met die partykleure vereenselwig.

Sommige Chinese sien die vlag as ’n uitdrukking van Chinese nasionalisme en trots, gepaardgaande met gelyklopende verwerping van die huidige kommunistiese regering. Die vlag simboliseer moontlik ook ’n identifisering met en bewondering vir die politieke ideë van Sun Yat-sen en sy Drie Beginsels van die Volk.

Dit is egter ironies dat, gegewe die verbintenis van die vlag met Chinese nasionalisme in teenstelling met Taiwannese onafhanklikheid, die vlag ’n onverwagte bondgenoot in die Volksrepubliek China gevind het. Die Volksrepubliek het onafhanklikheidsgroeperinge in Taiwan gekritiseer wat die vlag wil verander of afstand daarvan doen en het geïmpliseer dat regstappe om so iets uit te voer negatiewe reaksie van die Volksrepubliek China sal ontlok.

Die teenwoordigheid van die vlag in Taiwan onderskei egter ook die feit dat Taiwan en die Republiek China se territoriale eilande elders onder jurisdiksie val van ’n land wat onderskei word van die Volksrepubliek China. Die hys van die Taiwannese vlag word selfs deur die uiterste ondersteuners van Taiwannese onafhanklikheid, soos die Taiwannese Solidariteitsunie, voorgestaan wanneer die lede die onderskeie en onafhanklik regeerde stelsels en gebiede van die Republiek China en die Volksrepubliek China beklemtoon.

Ontwerp duimnael|Ontwerp van die vlag in Chinees