John Philip Jacob Elkann, dikwels kort Jaki genoem, (* 1 April 1976 in New York, Verenigde State) is 'n Italiaanse nyweraar en bestuurder. As gekose erfgenaam van sy grootvader Gianni Agnelli (1921−2003) het hy die voorsitter van die motorvervaardiger Fiat Chrysler Automobiles (FCA) geword wat die motorhandelsmerke Abarth, Alfa Romeo, Chrysler, Dodge, Jeep, Fiat, Fiat Professional, Lancia, Maserati, Mopar en Ram besit en beheer.FCA Fiat Chrysler Automobiles: John Elkann. Besoek op 19 Desember 2018

John Elkann is die voorsitter en hoof uitvoerende beampte van Exor S.p.A., 'n houermaatskappy wat deur die Agnelli-familie beheer word. In Julie 2018 is Elkann ook as voorsitter van Ferrari benoem nadat Sergio Marchionne (1952−2018) weens gesondheidsprobleme bedank het. Hy besit dubbele burgerskap – Amerikaans en Italiaans.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Italianers Kategorie:Hoof- uitvoerende beamptes Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense