TrevisoTrevizo 280px Kaart (provinsie) Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Gewes 23px Veneto Provinsie 23px Treviso (TV) Koördinate Stigting 89 v.C. (Tarvisium) Oppervlakte: - Totaal 55,58 vk km Hoogte bo seevlak 15 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2018) 85 365 - Bevolkingsdigtheid 1 542,2/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde seeklimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 14,0 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 3,3 / 24,6 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 893,34 mm Burgemeester Mario Conte (Lega Nord) Amptelike webwerf comune.treviso.it
Treviso (Italiaans: [treˈviːzo], ; Venesiaans Trevizo, [tɾeˈʋizo]) is 'n welvarende nedersetting en munisipaliteit (comune) in die Noordoos-Italiaanse streek Veneto met 'n bevolking van meer as 85 000. Na sy inwoners word in Italiaans as trevisani of trevigiani verwys.Treccani Enciclopedia on line: Treviso. Besoek op 12 Julie 2020 Die laasgenoemde is afgelei van Trevigi of Trivigi, twee historiese naamvariante.Treccani Vocabolario on line: trevigiano. Besoek op 12 Julie 2020
duimnael|links|Straattoneel langs die Riviera Santa Margherita, ’n oewerpad langs die Silerivier duimnael|links|Piazza dei Signori met die Palazzo dei Trecento. Die Torre Civica of belfort teen die agtergrond dateer van 1218 duimnael|links|Canale dei Buranelli. Treviso se kanale en voetbrûe het, net soos sy ander argitektoniese en kunsskatte en sy groot verlese, aan die stad die bynaam "Klein-Venesië" besorg. Histories was Treviso in 1339 die eerste nedersetting in Veneto wat hom by die Venesiaanse Dogerepubliek aangesluit het. Vervolgens is dit uitgebou tot 'n vesting wat Venesië teen aanvalle uit die noorde sou beskerm. Kanale en ’n stadsmuur het deel uitgemaak van die versterkings Treviso, wat as administratiewe setel van die gelyknamige provinsie dien, is in die Venesiaanse vlakte by die samevloeiing van die Botteniga- en Sile-riviere geleë, sowat 30 km noord van Venesië en 40 km noordoos van Padua – temidde van die historiese landskap Marca Trevigiana (in Italiaans dikwels kort la Marca genoem), 'n vrugbare landboustreek waar bronwater volop is. Die Botteniga-rivier, ook bekend onder sy historiese naam Cagnan, vloei vanuit 'n noordelike rigting deur die historiese stadskern waar dit in verskillende rivierarms vertak voordat dit in die Sile uitmond. Net soos in Venesië is langs Treviso se rivierarms en kanale sypaadjies (Italiaans: fondamente) en booggange (sottoportici of sottoporteghi) aangelê.Klaus Zimmermanns: Venetien. Städte und Villen der Terraferma. Ostfildern: DuMont 2005, bl. 267
In ekonomiese opsig word die stadsnaam verbind met wêreldrolspelers soos De’Longhi en Benetton – twee ondernemings wat hul oorsprong in Treviso het en steeds vanuit die stad bestuur word – en sy Antonio Canova-lughawe (een van drie in Venesië en sy omgewing – genoem na die befaamde Venesiaanse neoklassieke beeldhouer wie se borsbeeld hier vertoon word).Die lughawe het tot verdere kennisgewing gesluit. Treviso word voorlopig deur die Venesiaanse lughawe Marco Polo bedien. Dit is veral gewild by laekosterederye soos die Ierse Ryanair en hanteer jaarliks meer as drie miljoen passasiers. Treviso is daarnaas een van Italië se modemetropole – met bekende mode-etikette wat hul hoofkwartiere in die nabye omgewing het en 'n groot verskeidenheid modeboetieke. Vir fynproewers bied Treviso 'n groot keuse van eersterangse restaurante en osterie.
Treviso, wat reeds in die antieke tydperk deur Kelte gestig is en in die 1ste eeu v.C. Romeinse stadstatus toegeken is, het sy bloeitydperk tussen die 12de en 14de eeu beleef. Die elegante paleise op die plein Piazza dei Signori, waaronder die ou raadsaal Palazzo dei Trecento (begin in 1185 en genoem na die 300 lede van die stadsraad) in die Romaanse styl, dateer uit hierdie periode. Middeleeuse digters het na Treviso weens sy rustige en gesofistikeerde atmosfeer as "hoofse stad" of città cortese verwys. Treviso was 'n sentrum van hoofse kultuur waar gereeld ridderspele gehou is; vandaar die Middeleeuse bynaam Marca gioiosa et amorosa vir die stad en sy omgewing.
Nadat Treviso in die 14de eeu as eerste stad op die vasteland onder die bewind van die Republiek Venesië gekom het, het dit 'n lang periode van politieke stabiliteit en ekonomiese welvaart beleef. Die stad en sy omgewing was een van die gunstelingplekke van welvarende Venesiane wat hier in die 18de eeu paleise as somerverblyf laat bou het. Italia Agenzia Nazionale Turismo: Treviso. Besoek op 19 Januarie 2019
Van Treviso se belangrikste argitektoniese besienswaardighede is die ryklik versierde fasades van woongeboue, veral in die stadsbuurt Calmaggiore. Hierdie tradisie het sy oorsprong in die Middeleeue toe plaaslike families gewedywer het om hul woonhuise, wat weens 'n gebrek aan waardevolle stene as boumateriaal hoofsaaklik van bakstene en hout gebou is, ten minste met kunsvolle en kleurryke fresko's te versier. Hierdie versierings het aan Treviso die bynaam "die geskilderde stad" (Latyn: urbs picta, Italiaans: Città Dipinta) besorg. Afgesien van die skade wat die historiese middestad in die twee wêreldoorloë gely het, het die Middeleeuse stadsbeeld die negatiewe gevolge van moderne stads- en verkeersbeplanning gespaar gebly. Die meeste fresko's het nogtans verlore gegaan.
Terwyl riviere en kanale aan Treviso sy besondere karakter gee, verg die stad se historiese argitektuur groot aandag. Talle woonhuise is regstreeks oor die waterlope opgerig waar fondamente aan erosie blootgestel is – net soos in Venesië. In Julie 2018 is nuusberigte oor omvattende erosieskade aan 'n 16de eeuse palazzo oor die Cagnan-kanaal in via San Leonardo gepubliseer. Die gebou is deur ineenstorting bedreig. Treviso Today, 11 July 2018: Rischio di crollo per un palazzo storico del centro: fondamenta trovate erose dal Cagnan. Besoek op 19 Junie 2019
Etimologie Volgens 'n teorie is die stadsnaam "Treviso" ontleen aan die Keltiese woord tarvos ("bul") gemeng met die Latynse agtervoegsel -isium wat Tarvisium gee en "van die bul" beteken. Volgens 'n ander teorie is dit afgelei van 'n woord in die taal van 'n Proto-Veneties-Illiriese stam wat hulle eerste in Treviso gevestig het.
Klimaat
Geskiedenis Oorsprong en Romeinse tydperk duimnael|Loggia dei Cavalieri – die vergaderplek en feessaal van Middeleeuse ridders (wat hier ook skaak gespeel het), opgerig in 1276 as die enigste gebou van sy soort in Italië, word tans onder meer as konsertsaal gebruik. Daarnaas vind hier gereeld 'n boekvlooimark plaas. Van die oorspronklike muurskilderye met ridderlike motiewe het bewaar gebly duimnael|links|Loggia dei Cavalieri – buiteaansig duimnael|links|Die Silerivier in Treviso duimnael|links|Die Silerivier Die oudste nedersettings in die omgewing van Treviso dateer uit die Bronstydperk (omstreeks 1500 v.C.). Treviso het sy oorsprong in 'n Keltiese nedersetting waaraan in 49 v.C. die status van Romeinse municipium toegeken is. In hierdie tyd het die Romeinse versterkings met 'n stadsmuur ontstaan waarvan die presiese omvang en ligging nog nie deur argeoloë bepaal kon word nie. Die municipium was in elk geval op die eiland geleë wat deur die Botteniga- en Sile-riviere gevorm word en het ook langs hierdie waterweë uitgebrei. Uit oorlewerings blyk dat Tarvisium tot 'n welvarende stad ontwikkel het en vanaf 396 of vroeër die setel van 'n biskop was.
Net soos elders in Noord-Italië het die Romeinse bloeitydperk met die invalle van barbaarse volke tot 'n einde gekom, al was Tarvisium nie aan die die invallers se hoofroete na Rome geleë nie en het dit sodoende groter verwoestinge gespaar gebly. Ná die val van die Wes-Romeinse Ryk in 476 het die nedersetting as biskopsetel gedien en onder Lombardiese bewind gekom.
Middeleeue As administratiewe setel van die Marca Trevigiana is Treviso in 776 by die Heilige Romeinse Ryk ingelyf. As hoofstad van die Marca of grensstreek het Treviso gefloreer; keiser Karel die Grote het hier munte laat slaan. 'n Inval van Madjare (Hongare) in 899 was met 'n grootskaalse plundering verbonde. Nogtans het Treviso as belangrikste nedersetting in die Marca die status van selfregerende stadrepubliek behaal waaraan keiser Frederik Barbarossa in 1164 besondere voorregte toegeken het.
Treviso het vervolgens 'n ongekende bloeitydperk beleef waartydens die stad – as tydelike bondgenoot van die Republiek Venesië – sy magsgebied kon uitbrei tot Feltre en Belluno. Die welvaart van sy burgers is weerspieël in nuwe statige geboue en kerke en 'n ryk kulturele lewe. In hierdie periode het die Oksitaanse troebadoerliriek uitgestraal na Noord-Italië. Treviso en ander nedersettings in die Marca was gasheerstede van ridderlike feeste en troebadoer-digters; na die streek is verwys as La Marca Gioiosa – "die vreugdevolle Mark". Hierdie bloeitydperk word veral verbind met die da Camino-familie. Van die werkswinkels in Noord-Italië, waar kosbare samestellings van troebadoer-liriek, sogenaamde chansonniers, vervaardig is, was in Treviso geleë.
In 1237 het Treviso onder die tiranniese bewind van Ezzelino da Romano gekom. Dit was die beginpunt van 'n eeu van onluste en oorloë waartydens die stad gedurig van heersers gewissel het. Nogtans val die stigting van 'n universiteit in 1263 in hierdie periode.
Venesiaanse bewind duimnael|Nagaansig van die Porta San Tomaso, een van Treviso se stadspoorte met die gevleuelde Venesiaanse Markusleeu. Drie van Treviso se monumentele poorte het bewaar gebly Ná die kortstondige bewind van Cangrande della Scala het Treviso as eerste nedersetting in Veneto in 1329 vir die eerste keer by die Republiek Venesië aangesluit. Hierdie vrywillige alliansie is bevestig deur 'n besluit van Treviso se stadsraad wat op 11 Februarie 1344 geneem is. Afgesien van die kortstondige besetting deur Francesco I da Carrara (1325−1393), heerser van Padua, vanaf 4 Februarie 1384 het Treviso, nadat dit in 1388 weer deur Venesiaanse magte ingeneem is, tot die ontbinding van die Republiek Venesië in 1797 ná die inval van Franse magte, Venesiaans gebly. Treviso het as een van min nedersettings wes van Frioelië lojaal aan Venesië gebly nadat Venesiaanse magte in die Slag van Agnadello in 1509 'n verpletterende nederlaag teen die Liga van Cambrai se troepe gely het. Treviso se Venesiaanse stadsmuur en -poorte is tot vandag versier met die Venesiaanse Markusleeu as simbool van die Dogerepubliek.
Vir die administrasie van Treviso moes nuwe oplossings gevind word; nedersettings op die Italiaanse vasteland kon nie soos Griekse eilandbesittings deur feodale strukture geregeer word nie, nog kon hulle soos handelsposte bestuur word. 'n Gemodifiseerde variant van Venesië se eie suksesvolle regeringstelsel het die lojaliteit van Treviso se inwoners en later ook dié van ander vastelandse stede onder Venesiaanse bewind verseker. Die Venesiaanse doge as regeringshoof het as voorbeeld vir die podestà op die vasteland gedien wat in kleiner nedersettings capitano of provveditore genoem is; die prosedures vir sy verkiesing was net so ingewikkeld soos in Venesië. Hy was òf 'n Venesiaanse edelman òf het uit die geledere van die plaaslike bevolking gekom. Sy weelderige lewenstyl het met sy beperkte bevoegdhede gekontrasteer.