Henry James (15 April 1843 – 28 Februarie 1916) was 'n Amerikaans-gebore skrywer en literêre kritikus tydens die laat 19de en vroeë 20ste eeue. Hy was die seun van teoloog Henry James sr. en broer van die filosoof en psigoloog William James en ook van dagboekskryfster Alice James. Hy het 'n groot deel van sy lewe in Europa deurgebring en het kort voor sy dood 'n Britse staatsburger geword. Hy is meestal bekend vir sy romans, novellas en kortverhale gebaseer op temas soos bewustheid en moraliteit.

James was 'n veelbetekende bydraer tot die kritisering van fiksie, veral in sy aandrang dat skrywers die grootste moontlike vryheid toegestaan word om hulle siening van die wêreld aan te bied. Sy verbeeldingryke gebruik van perspektief, innerlike monoloë en moontlik onbetroubare vertellers in sy eie werke het 'n nuwe diepte en belangstelling aan verhalende fiksie gebring.Sien die verwysde bibliografie deur Edel, Laurence en Rambeau vir 'n volledige verklaring van James se groot volume werke.

Lewe duimnael|links|'n Agt-jaar oue Henry James saam met sy pa Henry James is in New York gebore aan 'n ryk en intellektuele familie. Sy pa, Henry James Sr., was geïnteresseerd in verskeie Godsdiens- en letterkundige vakke. In sy jeug het James saam met sy familie heen en weer tussen Europa en Amerika gereis. Hy het onder onderwysers in Genève, Londen, Parys en Bonn gestudeer. Op die ouderdom van 19 het hy vir 'n kort periode aan die Harvardse Regskool gestudeer en het nie hierdie studies voltooi nie. Hy was, van jongs af, meer geïnteresseerd in letterkunde en het hom verdiep in die Engelse, Duitse en Franse literêre klassieke. Hy het die Russiese skrywers in vertaling gelees.In 'n ongepubliseerde nota, The Turning Point of My Life, skryf 'n berouvolle James hoe hy fiksie geskryf het in plaas van om regte te studeer by Harvard: "Dit het so gebeur dat ek in die diepste dieptes van die verlede 'n jaar deurgebring het by daardie bewonderenswaardige instelling, die Harvard Law School, en dat ek met my vroegtydige onttrekking – wat geensins te danke was aan 'n moeilikheidsoekery van my kant wat ek nou te skaam is om te noem nie – sekere rolle manuskripte met my saamgeneem het wat, tot my skaamte, nie soseer aantekeninge te danke aan die kennismaking met leergebinde volumes was nie. Hierdie aantekeninge was van 'n ander aard, klein siekerige saadjies, daarvan kan jy seker wees, maar wat gesaai moet word en sal groei en sal blom in sulke blomme soos hulle mag, in 'n tuin minder besnoeid en georden as die van die wet." The Complete Notebooks of Henry James redigering deur Leon Edel en Lyall Powers (2005) b.437-438. James bespreek ook sy onsuksesvolle tyd by Harvard in Notes of a Son and Brother, in besonder hoofstukke nege en tien.

Hy het in 1864 sy eerste kortverhaal, A Tragedy of Error, anoniem gepubliseer en van toe af homself heeltemal aan letterkunde gewy. Deur sy loopbaan het hy reëlmatig bydrae gelewer aan tydskrifte soos The Nation, The Atlantic Monthly, Harper's Magazine en Scriber's Magazine. Vanaf 1875 tot en met sy dood in 1916 het hy 'n inspannende skedule met betreffing tot boekuitgawe in verskeie genres gehandhaaf: romans, kortverhaalversamelings, literêre kritiek, reisboeke, biografieë en outobiografieë.

In totaal het hy 22 romans geskryf, waarvan twee nog onvoltooid was met sy dood en 112 verhale van variërende lengte asook vele toneelstukke en groot aantal nie-fiksie essays en boeke. Van die skrywers wat die grootste invloed op James se fiksie gehad het was Nathaniel Hawthorne, met sy nadruk op die dubbelsinnigheid van die menslike keuse en die universilateit van skuld, Honoré de Balzac, met sy noukeurige aandag vir detail en realistiese aanbieding van karakter, en Iwan Toergenef, wie 'n hekel aan oorgekompliseerde verhale gehad het.James hetself erken dat hy hierdie skrywers dank verskuldig is. Sien byvoorbeel die New York Edition inleiding vir The Portrait of a Lady vir 'n bespreking van Turenev se invloed en die Lesson of Balzac vir die Franse skrywer s'n. James het drie uitgebreide kritiese essays oor al drie skrywers geskryf; sien die verwysde uitgawes van sy literêre kritiek. Later kritici soos Cornelia Sharp en Edward Wagenknecht het spesifieke invloede op James se werke opgemerk, soos Balzac se Eugenie Grandet op Washington Square, Hawthorne se Marble Faun op Roderick Hudson, en Toergenef se Virgin Soil op The Princess Casamassima. Sien die verwysde boeke oor kritisering vir baie meer sulke voorbeelde.

James het nooit getrou nie en dit is 'n onopgeloste (en miskien onoplosbare) vraag of hy ooit 'n seksuele verhouding gehad het. Baie van sy briewe is gevul met betuigings van gehegtheid aan mans én vroue, maar daar is niks wat bewys dat hy ooit fisies op hierdie gevoelens gereageer het nie. Vir sy verfynde vriend Howard Overing Sturgis, byvoorbeeld, het James geskryf: "Ek herhaal, tot die punt van onkuisheid, dat ek met jou kan saamlewe. In die tussentyd kan ek net probeer om sonder jou te lewe."Gunter, Susan E; Jobe, Steven Dearly Beloved Friends: Henry James's Letters to Younger Men (2001) Hy het in 'n soortgelyke wyse vir sy jarelange vriendin en medeskrywer Lucy Clifford geskryf: "Liefste Lucy! Wat sal ek sê? As ek jou so baie, baie lief het en jou nege keer sien vir elke een keer wat ek Ander sien! Daarom dink ek – as jy dit op die gemiddelste intelligensievlak wil duidelik gemaak hê – ek het jou liewer as wat ek Ander lief het."Bravest of Women and Finest of Friends: Henry James' Letters to Lucy Clifford, redigering deur Marysa Demoor en Monty Chisholm, Universiteit van Victoria (1999), bl.79 In nog 'n voorbeeld van James se somtyds emotionele skryfstyl, skryf hy vir sy New Yorkse vriendin, Mary Cadwalader Jones:

Liefste Mary Cadwalader. Ek smag oor jou, maar ek smag tevergeefs; & jou lang stilte breek my hart, dit is vir my 'n raaisel, maak my depressief en laat my amper skrik, tot die punt toe dat ek wonder of arme onbewuste & dwepende ou Célimare [Jones se bynaam vir James] enige iets "gedoen" het in enige donker slaapwandeling van die gees, wat jou 'n... slegte oomblik, of 'n verkeerde indruk, of 'n "kleurvolle voorwendsel" gegee het... Hoe dit ook al mag sy, hy is nog steed net so teer lief vir jou soos altyd; niks, tot die einde van tyd, sal hom ooit van jou skei nie, & hy sal daardie intieme, vroeë-oggend Eleventh Str. ure, daardie telefoniese middagvoorstellings onthou as die mees romantiese tyd van sy lewe...Dear Munificent Friends: Henry James' Letters to Four Women, redigering deur Susan E. Gunter, The University of Michigan Press (1999), bl.146

James het dit geniet om sosiaal te verkeer met sy baie vriende en kennisse, maar dit blyk dat hy 'n bepaalde afstand tussen hom en ander mense gehou het.In 'n brief van 6 Mei, 1904 aan sy broer William, verwys James na homself as "altyd jou hopelose Henry, die homself nog steeds van gemeenskap weerhou al is hy ook in sy sestigs." The Correspondence of William James: Volume 3, William and Henry redigering deur Ignas Skrupskelis en Elizabeth Bradley (1994) bl. 271. Hoe akkuraat hierdie beskrywing mag is 'n onderwerp van debat tussen James se biografieskrywers. Sien volume vier van Edel se verwysde biogragie, bl.306-316, vir 'n besonderlike lang en onbeslissende bespreking oor die onderwerp. Sien ook The Henry James Scholar's Guide to Web Sites in die "Eksterne skakels" afdeling vir 'n lewendige debat tussen biografieskrywers Edel, Novick en Kapal oor die kwessie, saam met ander skakels na ander materiaal oor die omstrede onderwerp. Sy lang vriendskap met die Amerikaanse skryfster Constance Fenimore Woolson – in wie se huis hy in Italië vir 'n aantal weke in 1887 gewoon het – en sy skok en verdriet oor haar (aangenome) selfmoord in 1894, word in detail bespreek in Leon Edel se biografie en speel 'n hoofrol in die meer onlangse biografie deur Lyndall Gordon. (Sien die voetnotas vir verdere details oor al die beskikbare biografieë oor James.) Weereens is hierdie verhouding se ware natuur onbekend en die moontlikheid bestaan dat dit nooit opgeklaar sal word nie. Vele moderne kritici en biografieskrywers het al gespekuleer dat James heel waarskynlik 'n onderdrukte homoseksueel was, soos skrywer Terry Eagleton dit stel: "...soos die gay kritici debatteer presies hoe onderdruk sy (waarskynlike) homoseksualiteit was...""The asperity papers" (24 Junie, 2006) deur Terry Eagleton, 'n resensie van The Year of Henry James: The Story of a Novel deur David Lodge in The Guardian. Die resensie behels grotendeels die vyandigheid tussen Lodge en Colm Tóibín in hulle boeke oor James, beide uitgegee in 2004. Sien die "Kritiek, biografies and fiktiewe behandelinge" afdeling vir meer details oor die twee boeke. Die bronne in die voetnotas wys dat James se seksualiteit 'n betwiste onderwerp bly met geen sekerheid tussen enige van die kritici of biografieskrywers – dit verduidelik dan ook die kwalifiserende "waarskynlike" in Eagleton se opinie.

duimnael|240px|Lamb House in Rye, Oos-Sussex, waar James vanaf 1897 gewoon het Na 'n kort poging om in Parys te woon het James permanent na Engeland verhuis in 1876. Hy het hom eers in 'n Londense woonstel gevestig en toe, vanaf 1897, in Lamb House, 'n historiese woning in Rye, Oos-Sussex. In 1899, toe James 56 was, het hy die 27-jarige beelhouer Hendrik Christian Andersen in Rome ontmoet en het klaarblyklik op hom verlief geword. Sy briewe aan Anderson was emotioneel en soms eroties: "Ek hou jou, liefste jonge, in my innerlikste liefde, & reken daarop dat jy my sal voel – in elke klop van jou siel";"Ek plaas, my liewe jonge, my arm om jou, & voel die pulsasie, daardeur, als't ware, van ons uitstekende toekoms & jou bewonderenswaardige gawe".Mamoli Zorzi , Rosella (Red.) Beloved Boy: Letters to Hendrik C. Andersen, 1899–1915 Weereens is die ware natuur van hierdie verhouding vir ons onbekend en sal dit moontlik vir ewig so bly.

James het Amerika op meerdere geleenthede besoek, in besonder in 1904-05. Die uitbreking van die Eerste Wêreldoorlog was 'n diep skok vir James en in 1915 het hy 'n Britse staatsburger geword en daardeur sy lojaliteit aan sy aangenome land bewys asook sy protes teen Amerika se weiering om die oorlog namens Brittanje binne te tree. Op 2 Desember 1915, terwyl hy in Londen is, kry James 'n beroerte en sterf drie maande daarna.Sien die verwysde biografieë vir verdere details oor James se lewe. Edel se biografie dokumenteer die feite van James se alledaagse lewe. Horne se briefgerigde biografie fokus op James se professionele loopbaan. Die biografieë deur Kaplan, Novick en Gordon ondersoek die kwessies aangaande James se persoonlike lewe en bevat hier en daar omstrede spekulasies.

Style en temas duimnael|240px|"Portrait of Henry James," steenkoolskets deur John Singer Sargent (1911) James is een van die belangrikste figure van trans-Atlantiese letterkunde. Sy werk voeg gereeld karakters van verskillende wêrelde saam – Die Ou Wêreld (Europa), terselfdertyd kunssinnig, korrup en aanloklik; en die Nuwe Wêreld (die Verenigde State), waar mense gereeld vrypostig, oop en selfversekerd is – en verken hoe die botsing van persoonlikhede en kulture beide wêrelde geaffekteer het.

Hy het interne psigologiese drama verkies en sy werk bevat gereeld konflikte tussen verbeeldingryke hoofkarakters en hulle moeilike omgewings. Sy sekretaresse, Theodora Bosanquet, het die volgende opgemerk in haar opstel Henry James at Work:

Wanneer hy uit die toevlug van sy studeerkamer geloop het en die wêreld binne getree het en om hom gekyk het, het hy 'n plek van kwelling gesien; waar roofskepsels aanhoudend hulle kloue in die bibberende vlees van verdoeme, weerlose kinders van die lig ingeslaan het... Sy romans is 'n herhalende ontmaskering van hierdie boosheid, 'n herhaalde en passievolle smeekbede vir die volste vryheid van ontwikkeling, veilig van die gevaar van roekelose en barbaarse domheid.Henry James At Work deur Theodora Bosanquet, bl.275-276 (1970)