Die Natalia Republiek was 'n Boererepubliek met 'n kortstondige bestaan. Dit is in 1839 deur Natalse Voortrekkers gestig kort na die beroemde Slag van Bloedrivier. Die republiek was geleë aan die Indiese Oseaan se kus, noordoos van die Oos-Kaap en is tevore as Natalia gedoop deur Portugese seevaarders. Die republiek is in 1843 deur Brittanje beset en geannekseer.
duimnael|links|250px|Kaart van die Boererepublieke Die Britte het die Voortrekkers as hulle onderdane beskou en was gekant teen die idee dat hul onderdane kon wegtrek na grondgebiede wat buite Britse beheer was.
Na die Britse anneksasie van die Natalia Republiek het meeste van die Voortrekkerboere noord na die Transoranje en Transvaal getrek. Die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier is later ook deur Brittanje geannekseer as die Oranjerivier-Soewereiniteit, voordat dit later omskep is in die Oranje-Vrystaat- en Zuid-Afrikaansche Republiek.
Eksterne Skakels The Great Trek 10 — Natalia
Bibliografie Die Republiek Natalia. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 23, nr. 3, Maart 1974.
Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika