William Shakespeare (gedoop 26 April 1564 – oorlede 23 April 1616)Datums maak gebruik van die Juliaanse kalender, onder die Gregoriaanse kalender het Shakespeare op 3 Mei gesterf. was 'n Engelse digter en dramaturg en word as die belangrikste skrywer van die Engelse taal, en die wêreld se vernaamste dramaturg geag.Artikel oor Shakespeare in die Encyclopedia Britannica (in Engels). Artikel oor Shakespeare in die MSN Encarta Encyclopedia (in Engels). Artikel oor Shakespeare in die Columbia Electronic Encyclopedia (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006. Hy het ongeveer 38 toneelstukke en 154 sonnette asook 'n verskeidenheid ander gedigte geskryf.Die presiese getalle is egter onbekend. Shakespeare was reeds 'n gewilde skrywer in sy eie leeftyd, maar na sy dood is hy steeds meer geprys en sy werk is deur die eeue heen toenemend vereer deur talle prominente kulturele figure.Wikiquote inligting oor Shakespeare (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006. Hy word gereeld beskou as die nasionale digter van EngelandThe Making of the National Poet: Shakespeare, Adaptation and Authorship, 1660–1769 deur Michael Dobson, Oxford University Press, 1995 (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006. en daar word somtyds na hom verwys as "The Bard of Avon" (die Minnesanger van Avon), of eenvoudig net die "Bard",Webster se Woordeboek inskrywing van "The Bard" (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006. of die "Swaan van Avon"."To The Memory Of My Beloved, The Author, Mr William Shakespeare, And What He Hath Left Us" , 'n Gedig deur Ben Jonson. Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
Ortodokse geleerdes glo dat Shakespeare die meeste van sy werke tussen 1586 en 1612 geproduseer het, alhoewel die presiese datums en chronologie van die toneelstukke wat aan hom toegeken word aansienlik gedebatteer word, soos ook die outeurskap van sommige van sy werke. Hy word beskou as een van die min dramaturge wat uitblink in sowel komedie as tragedie. Sy toneelstukke kombineer bekoring met komplekse karakterisering, digterlike prag en filosofiese diepte.
Shakespeare se werke is al in die mees-gebruikte, lewende tale vertaalOf Philosophers and Kings: Political Philosophy in Shakespeare's "Macbeth" and "King Lear" deur Leon Harold Craig, University of Toronto Press, 2003, bl. 3 (in Engels). en sy toneelstukke word voortdurend regoor die wêreld opgevoer. Bowendien is hy die mees aangehaalde skrywer in die literatuur en geskiedenis van die Engelssprekende wêreld.Artikel oor William Shakespeare in die Literary Encyclopedia deur Lois Potter, University van Delaware (in Engels) Laaste besoek op 22 Junie 2006, en The Columbia Dictionary of Shakespeare Quotations , redigering deur Mary Foakes en Reginald Foakes, Junie 1998. Baie van sy aanhalings en neologismes is nou deel van alledaagse Engels en ander tale. Oor die jare het baie mense gespekuleer oor Shakespeare se lewe en hardop gewonder oor sy seksualiteit en geloof.
Lewe Vroeë jare duimnael|200px|Shakespeare se geboortehuis in Stratford William Shakespeare (ook gespel Shakspere, Shaksper, Shaxper, en Shake-speare, siende dat daar in die tyd nie vasgestelde spelreëls was nieThe Spelling and Pronunciation of Shakespeare's Name deur David Kathman (in Engels). Laaste besoek op 22 Okt. 2005.) is in Stratford-upon-Avon gebore in April 1564. Sy ouers was John Shakespeare, 'n suksesvolle handskoenmaker en wethouer van Snitterfield, en Mary Arden, 'n dogter van lae adel. Daar word aangeneem dat sy geboorte by sy ouerhuis in Henley Straat plaasgevind het. Shakespeare se dooprekord dateer uit 26 April van daardie jaar. Aangesien babas destyds binne 'n paar dae van geboorte gedoop is het tradisie te ruste gekom op 23 April as Shakespeare se geboortedag. Hierdie datum verskaf 'n gerieflike simmetrie, aangesien Shakespeare op dieselfde dag oorlede is: 23 April (3 Mei op die Gregoriaanse kalender), 1616.
Shakespeare het waarskynlik die King Edward VI Laerskool bygewoon.Critically Examining Oxfordian Claims Part 11: Stratford Grammar School deur David Kaufmann Alhoewel die skole van daardie tyd gewissel het in kwaliteit, het dié skool waarskynlik intensiewe Latyn, grammatika en literatuur opleiding voorsien. Daar word aanvaar dat Shakespeare hierdie skool bygewoon het aangesien hy, as die seun van 'n prominente dorpsamptenaar, dit verniet kon doenInleiding na Tom Reedy en David Kathman se How we know Shakespeare wrote Shakepeare – sy bywoning kan ongelukkig nie bevestig word nie, aangesien die skool se rekords nie meer bestaan nie.
Op 28 November 1582 het die 18-jarige Shakespeare met 26-jarige Anne Hathaway getrou. Een dokument identifiseer Hathaway as 'n burger "van Temple Grafton", naby Stratford, dus is dit moontlik dat die troue daar plaasgevind het. Twee van Hathaway se bure het 'n formele verklaring onderteken dat daar niks was wat die huwelik sou verhinder nie. Dit blyk dat die seremonie met haas georganiseer is – waarskynlik omdat Anne drie maande swanger was.
Shakespeare se eerste kind, Susanna, is op 26 Mei 1583, in Stratford gedoop. Twee kinders, 'n seun, Hamnet, en 'n dogter, Judith, is op 2 Februarie, 1585 gedoop. Hamnet is oorlede in 1596 en begrawe op 11 Augustus van daardie jaar.
Na sy troue het Shakespeare min spore in historiese dokumente gelaat tot sy verskyning op die Londense teaterverhoog. Die periode tussen 1585 (toe sy tweelingkinders gebore is) en 1592 (toe Robert Greene na hom verwys het as 'n "arrogante kraai") staan bekend as Shakespeare se "verlore jare", aangesien daar geen bewyse meer bestaan wat verklaar waar hy in hierdie tyd was of hoekom hy Stratford verlaat het en na Londen toe verhuis het nie.Shakespeare: The Lost Years deur E. A. J. Honigmann, Manchester University Press; 2nd uitgawe, 1999, bl. 1. (In Engels) Daar is 'n aantal stories wat lig kan werp op hierdie tydperk, insluitende dat Shakespeare in die moeilikheid gekom het omdat hy takbokke gestroop het; dat hy gewerk het as 'n plattelandse onderwyser en dat hy teaterborge se perde opgepas het in Londen. Daar is egter geen direkte bewyse vir enige van hierdie stories nie en hulle blyk almal te voorskyn gekom het ná Shakespeare se dood."The Lost Years," van die Shakespeare Timeline, Laaste besoek op 7 Nov. 2007.
Londen en Shakespeare se toneelloopbaan duimnael|William Shakespeare Teen 1592 was Shakespeare al 'n toneelskrywer in Londen; sy reputasie was van so 'n aard dat Robert Greene hom gekritiseer het deur te sê: " 'n Arrogante kraai, met onse vere mooigemaak, en sy Tierhart in 'n Spelersvel omhul, veronderstel dat hy 'n kamtig hoogdrawende blanko versie net so goed as die beste van julle kan skep: en siende dat hy 'n absolute Johannesfaktotum is, is hy in sy eie verwaandheid die enigste "Shake"-toneel in die land." (Die skuinsgedrukte gedeelte is 'n woordspeling op die spreuk "O, tierhart in vrouensvel omhul" ("Oh, tiger's heart wrapped in a woman's hide", wat Shakespeare in Henry VI, deel 3, geskryf het.)
In die laaste maande van 1594 was Shakespeare 'n akteur, skrywer en gedeeltelike eienaar van 'n toneelvereniging bekend as die "Heer Chamberlain se Manne" (Lord Chamberlain's Men). Dit was 'n gewoonte in die tyd om die naam van jou groep te neem van dié van jou aristokratiese borg, in die geval Heer Chamberlain. Die groep was so gewild dat na die dood van Elizabeth I en die kroning van James I, die nuwe vors die groep aangeneem het en hulle bekend geword het as die "Koning se Manne" (King's Men). Dit blyk ook uit Shakespeare se werke dat hy inderdaad 'n akteur was: daar is baie frases, woorde en verwysings na toneelspel, maar daar is nie die akademiese benadering na die kuns van toneelspel wat mens sal verwag nie.The Facts About Shakespeare deur William Allan Neilson en Ashley Horace Thorndike, 1913, The Macmillan Company uitgewers
In 1596 het Shakespeare reeds na die gemeente van St. Helen in Bishopsgate verhuis en teen 1598 het hy bo-aan die lys van akteurs verskyn in "Elke Man in Sy Humor" (Every Man in His Humour) geskrewe deur Ben Johnson. Shakespeare se naam het ook in 1598 bo-op die titelbladsye van sy toneelstukke verskyn, waarskynlik as reklame.
Daar is tradisie dat Shakespeare, bo en behalwe die feit dat hy vele van sy toneelgroep se stukke self geskryf het en as mede-eienaar van die groep by die besigheids- en finansiële kant daarvan betrokke was, ook aangehou het om self toneel te speel in 'n verskeidenheid rolle, soos Adam, die spook van Hamlet se vader in As You Like It en in die koorgedeelte van Henry V.Artikel oor Shakesepeare se "Globe Teater" op e-notes.com (in Engels). Laaste besoek op 23 Jan. 2007.
Dit blyk dat hy in ongeveer 1599 oor die Teems-rivier na Southwark verhuis het. Teen 1604 het hy egter weereens Noord van die rivier verhuis en saam met 'n Hugenootfamilie met die naam Mountjoy, net Noord van St. Paulus se katedraal gewoon het. Sy verblyf daar is van belang omdat hy die huwelik tussen die Mountjoys se dogter en hulle vakleerling, Stephen Bellot, help organiseer het. Bellot het later sy skoonpa gedagvaar omdat hy versuim het om 'n gedeelte van die bruidskat te betaal en Shakespeare moes as getuie verskyn.
Verskeie dokumente waarop wetlike sake en kommersiële handelinge vasgelê is, verklap dat Shakespeare, terwyl hy in Londen gewoon het, ryk genoeg geword het om eiendom in Blackfriars in Londen te koop en dat hy die tweede grootste huis in Stratford, New Place, besit het.
Latere jare duimnael|350px|Shakespeare se handteking uit sy testament. Dit lees Deur myself, William Shakespeare Dit blyk dat Shakespeare in 1613 afgetree het en terug na Stratford verhuis het. Hy is oorlede op 23 April 1616 op die ouderdom van 52. As oorlewering korrek is oor sy geboortedag is Shakespeare op sy verjaardag oorlede. Hy was tot sy dood getroud met Anne Hathaway en het sy twee kinders, Susanna en Judith agtergelaat. Sy seun, Hamnet, is oorlede in 1596. Susanna Shakespeare is getroud met Dr. John Hall, maar daar is vandag geen direkte afstammelinge van die digter en toneelskrywer nie.
Shakespeare is in die koorgedeelte van die Holy Trinity Church in Stratford-upon-Avon begrawe. Die eer is hom toegeken, nie omdat hy 'n bekende literêre figuur was nie, maar omdat hy 'n aandeel vir 'n tiende van die kerk gekoop het vir £440 ('n aansienlike bedrag geld vir daardie tyd).Shakespeare: The Evidence deur Ian Wilson en Aan Wilson, St. Martin's Press, 1999, bl. 309; en The Great Shakespeare Jubilee deur Christian Deelman, Viking Press, 1964, bl. 15. 'n Monument op die muur naas sy graf (waarskynlik deur sy familie daar geplaas)Cultural Shakespeare: Essays in the Shakespeare Myth deur Graham Holderness, Univ of Hertfordshire Press, 2001, bl. 152-54. is 'n afbeelding van die skrywende Shakespeare. Daar word elke jaar op Shakespeare se aanvaarde verjaardag 'n nuwe veerpen in die afbeelding se hand gesit.
Dit is moontlik dat Shakespeare sy eie epitaaf geskryf het:
Werke Toneelstukke duimnael|William Shakespeare, op die omslagbladsy van die Eerste Folio. 'n Aantal van Shakespeare se werke word as die beste in die Engelse taal en Westerse letterkunde beskou. Hy het tragedies, komedies, historiese dramas en ook romans geskryf, waarvan die meeste in elke veelgesproke taal vertaal isOf Philosophers and Kings: Political Philosophy in Shakespeare's "Macbeth" and "King Lear" deur Leon Harold Craig, University of Toronto Press, 2003, bl. 3. en ook wêreldwyd opgevoer word.