Vryheid is 'n dorp in noordelike KwaZulu-Natal. Die grootste bedrywighede in die area is beesboerdery en die myn van steenkool. Die dorp is die grootste in die Zululand-distriksmunisipaliteit en is ook die setel van die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit.

duimnael|links|200px|Die NG Kerk in Vryheid

Geskiedenis duimnael|links|200px|Die vlag van Vryheid

Grond en boerderyregte is aan die Britte- en Boerehuursoldate toegestaan langs die Mfolozirivier nadat hulle vir Dinuzulu gehelp het om sy teenstander Usibepu te verslaan as troonopvolger van die Zoeloes.

Op 5 Augustus 1884 stig die huursoldate die Nieuwe Republiek (Nuwe Republiek) met Vryheid as die hoofstad. Dit word later by die Suid-Afrikaanse Republiek geïnkorporeer, maar teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog was die dorp en sy omliggende dele in Natal geabsorbeer. Vryheid is langs die Transnet-steenkoollyn geleë.

Boeregeneraal Lucas Johannes Meyer is in Vryheid begrawe.

Watertekorte Die dorp het van 2016 tot 2017 watertekorte ondervind weens verwaarlosing van infrastruktuur. Waterpompe en pypleidings het onklaar geraak sodat baie dorpsbewoners hul water noodgedwonge by 15 gemeenskaplike watertenks moes aftap wat deur die munisipaliteit beskikbaar gestel is. In die naloop van die waterkrisis is maandeliks sowat 550 gevalle van diarree by die Bhekuzulu-kliniek aangemeld. Sekere eienaars het op groot persoonlike koste belê in boorgate, watertenks, pompe, filters en kragopwekkers. Drie rioolaanlegte het ook ophou funksioneer, waardeur die Besterspruit en Klipfonteindam besoedel is.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Slag van Khambula

Verwysings

Eksterne skakels Foto's van die NG kerkgebou

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal