duimnael|Chinese uie Die Chinese uiMultilingual Multiscript Plant Name Database: Allium. Universiteit van Melbourne. Opgedateer 3 Augustus 2013. Verkry op 5 September 2014. (Allium chinense), ook bekend as Chinese scallion, glinsterende sprietui, Japannese scallion, Kiangsi scallion en Oosterse ui, is 'n eetbare spesie van Allium, inheems aan China en Korea, maar word ook in baie ander lande verbou.Flora of China: Allium chinense G. Don, Mem. Wern. Nat. Hist. Soc. 6: 83. 1827. Sy naasverwantes sluit die ui, sjalot, prei, sprietui en knoffel in.

Verspreiding Allium chinense is inheems aan China (in Anhui, Fujian, Guangdong, Guangxi, Guizhou, Hainan, Henan, Hubei, Hunan, Jiangxi, en Zhejiang-provinsies) plus in gebiede waar dit ook doelbewus aangeplant word. Dit is genaturaliseer in ander dele van Asië sowel as in Noord-Amerika.Plants For A Future: Allium chinense

Gebruike

Kulinêr As gevolg van sy baie sagte en vars smaak, word A. chinense dikwels gepiekeld bedien as 'n bykos in Japan en Viëtnam, om die sterker geure van ander komponente in 'n maaltyd te neutraliseer. In die Japannese kookkuns word dit bv. saam met Japannese kerrie as 'n garnering geëet.http://justhungry.com/japanese-beef-curry

In Viëtnam word gepiekelde Chinese uie dikwels tydens Tết (die Viëtnamese nuwejaar) bedien.

Medisinaal Allium chinense word gebruik as 'n volksmedisyne in tonikums om te help met 'n ongemaklike ingewande.

Name in ander tale Name in ander tale sluit in: in Japannees, (rakkyō), ook geskryf as , of ; in Chinees: (xiè) of (jiào tóu); in Viëtnamees .

Sien ook Knoffel grasuie Gepiekelde uie

Verwysings

Kategorie:Groente Kategorie:Tuinplante Kategorie:Viëtnamese kookkuns