Die sjalot is 'n tipe ui, spesifiek 'n botaniese variëteit van die spesie Allium cepa.
Die sjalot is voorheen as 'n afsonderlike spesie geklassifiseer, A. ascalonicum, 'n naam wat nou as sinoniem met die tans-aanvaarde naam beskou word.
Sy naasverwantes sluit knoffel, preie, sprietuie, en Chinese ui in. duimnael|In skywe gesny en 'n heel sjalot duimnael|Sjalotte word die sogenaamde "klein uie" in die suide van Indië genoem en word op groot skaal gebruik in die kookkuns daar.
links|duimnael|250px|'n Sjalotplant (A. cepa var. aggregatum) groei in Castelltallat, Spanje regs|duimnael|220px|Ui- en sjalotproduksie in 2005 duimnael|Heel sjalotplante, bestaande uit wortels, knolle, blare, stingels en blomme duimnael|190px|Die swart saadjies van 'n sjalot
Kulinêre gebruik Sjalotte word in die kookkuns gebruik. Hulle kan gepiekeld wees. In Asiatiese kookkuns word fyngesnyde, diepgebraaide sjalotte as 'n krui gebruik, dikwels bedien met slappap. As 'n spesie van Allium, smaak sjalotte ietwat soos 'n gewone ui, maar dit het definitief 'n ligter smaak op die tong. Net soos met uie, sal rou salotte wat gekerf word, sekere stowwe vrystel wat die oë laat traan.
Sjalotte bevat skynbaar meer flavonoïede en fenole as ander lede van die ui-genus.
Vars sjalotte kan gestoor word in 'n koel, droë area (0 tot 4 °C, 32 tot 40 °F, 60 tot 70% RH) vir ses maande of langer. Gekapte, gedroogde sjalotte is ook beskikbaar.
Verwysings