Ron Huldai, Hebreeus: רון חולדאי , (gebore op 26 Augustus 1944 in kibboets Hulda) is 'n Israelse politikus wat aan die Arbeidsparty (HaAvoda) behoort.

Sedert November 1998 is hy die burgemeester van Tel Aviv.

Huldai het as vlieënier in die Israeliese Lugmag gedien, in 1967 in die Sesdaagse Oorlog geveg en die rang van brigadier-generaal bereik.

Hy het aan die Tel Aviv Universiteit en aan verskeie universiteite in die Verenigde State van Amerika gestudeer.

Na afloop van sy militêre diens het hy (as bestuurder) in die bedryfslewe gewerk en hoof van die Hebreeuse Gimnasium van Herzliya gewees.

Ron Huldai is getroud en het drie kinders.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van Tel Aviv Kalisch-Rotem takes Haifa, Huldai keeps Tel Aviv, Globes, 31 Oktober 2018

Kategorie:Israelse burgemeesters Kategorie:Israelse hoof- uitvoerende beamptes Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse militariste Kategorie:Israelse vlieëniers Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Lewende mense