duimnael|regs|300px|Die N3-roete loop deur die KwaZulu-Natalse Middeland. Die KwaZulu-Natalse Middeland (of KwaZulu-Natalse Middelland) is 'n landelike gebied in die binneland van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is tussen Pietermaritzburg en die Drakensberge geleë.
Daar is verskeie klein dorpies in die Middeland, insluitende Howick, Hilton, Balgowan, Nottingham Road en Mooirivier.
Die Midlands Meander is 'n aantal toerismeroetes wat deur die Middeland kronkel en akkommodasie, kunsvlyt, en restaurante insluit.
Van Suid-Afrika se voorste privaatskole is in die Middeland geleë, insluitende Cowan House, Clifton Preparatory School, Hilton College, Michaelhouse en St. Anne's Diocesan College.
Eksterne skakels Amptelike provinsiale toerisme-webblad Midlands Meander (amptelike webblad)
Kategorie:Streke van KwaZulu-Natal