Nieu-Guelderland is 'n klein dorpie aan die noordkus van Kwazulu-Natal in Suid-Afrika en is 16 km noord van KwaDukuza.

Geskiedenis Die dorp is in 1859 deur Theodorus Colenbrander gestig. Die naam is afgelei van die Nederlandse provinsie Gelderland.

Colenbrander het 'n groep van 80 Nederlandse immigrante na die Britse Kroonkolonie van Natal gebring. Hy het hier 'n landbounedersetting begin wat na sy provinsie van herkoms in Holland vernoem is. Die aankomelinge is in 'n groot gebou langs 'n suikermeule gehuisves.Byeways and Battlefields North Coast , Besoek op 4 Februarie 2007

Omdat KwaDukuza so vinnig gegroei het, het Nieu-Guelderland begin kwyn - veral na 1910.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Wonderfontein Dullstroom

Bron Ploeger, Jan: 1858 Nederlanders en Nieuw-Gelderland. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 23, nr. 3, Maart 1974. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal