Florida is 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan hoofsaaklik uit 'n skiereiland, wat in die weste deur die Golf van Meksiko en in die ooste deur die Atlantiese Oseaan begrens word. Florida het 'n warm, vogtige subtropiese klimaat en steun veral op toerisme. Sy hoofstad is Tallahassee en sy grootste stede is Jacksonville en Miami.

Die gebied is deur die Spaanse seevaarder Juan Ponce de León vernoem, wat op 2 April 1513 by St. Augustine voet aan land gesit het, en sy oorspronklike Spaanse naam, Pascua Florida (letterlik "Bloemryke Paasfees"), verwys na hierdie datum in die Paasseisoen. Na die deelstaat se 21,5 miljoen bewoners word in Engels as Floridians verwys.

Eksterne skakels Toerisme

Visit Florida Geskiedenis

The Florida Historical Society

Kategorie:Skiereilande